Bejaarde erg getraumatiseer
Die dogter van 'n 75-jarige vrou sê haar ma se waardigheid is weens mediese personeel se optrede geskend.
Henriette Lamprecht
'n Bejaarde inwoner van Windhoek wat van 'n rolstoel gebruik maak, het vandeesweek vir ure in haar ontlasting in 'n hospitaalgang vir 'n prosedure gewag wat toe nooit uitgevoer is nie.
Die 75-jarige vrou, wat aan erge osteo-artritis ly, moes 'n anoskopie in die Katutura-staatshospitaal ondergaan, onder meer omdat sy aan erge diarree ly en gevolglik erg gedehidreer is.
Volgens haar dogter is sy Vrydagoggend in die hospitaal opgeneem om met die voorbereidingsproses vir die prosedure te begin wat Maandag uitgevoer sou word.
“My ma is 08:00 op 'n hospitaalbed in die gang voor die teater gestoot waar sy tot die middag gelê het, sonder dat enigiemand haar help. Sy het vir ure in haar ontlasting gelê en niemand het haar skoongemaak of gesê dat die prosedure nie meer gedoen gaan word nie,” het die dogter vertel.
Volgens die dogter is haar ma omstreeks 16:30 na haar kamer teruggeneem en ingelig dat die prosedure gekanselleer is.
“Geen verskoning of rede is verskaf nie, en nie een van die personeel het die nommer gehad van die dokter wat dit moes uitvoer nie.”
Volgens die dogter was haar ma uiters getraumatiseer deur die feit dat sy vir ure in haar ontlasting moes lê en boonop voor 'n oop teaterdeur waar sy kon sien hoe prosedures op pasiënte uitgevoer word.
Dr. Elkana Naande het die volgende oggend vir die familie gesê die teaterlys vir Maandag was vol en dat die bejaarde vrou moontlik Donderdag aan die beurt is.
Verskoning
“Hy het groot om verskoning vir die groot ongerief gevra. Hy het verduidelik die instrument waarmee die prosedure uitgevoer word, moet glo vir 30 minute gesteriliseer word en dis waarom die tyd hom gevang het.”
Die dogter het met die hospitaal se superintendent, dr. Fady Ashmawy, in verbinding getree oor haar ma se waardigheid wat deur 'n gebrek aan optrede deur personeel gruwelik geskend is, en die feit dat ten opsigte van prosedures voorkeur nie aan bejaardes gegee word nie.
Ashmawy het gesê sy moet met “kliëntediens” praat. Hulp het uiteindelik van die waarnemende permanente sekretaris van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, gekom. “Sy het amper dadelik die nommer van suster Manga Libita gestuur en beloof om onmiddellik hieraan aandag te gee.”
Masabane het gister bevestig sy het sr. Manga opdrag gegee om met die hulp van kliëntediens by die hospitaal die voorval te ondersoek. Die dogter het teen druktyd ook laat weet haar ma moet nou 'n verslag saamstel van alles wat gebeur het. Sy is vandag eerste op die teaterlys vir die prosedure, waaroor sy ook weer moet rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie