u2018Beu00ebindig die inperking,u2019 eis kusbewoners
u2018Beu00ebindig die inperking,u2019 eis kusbewoners

‘Beëindig die inperking,’ eis kusbewoners

Inwoners van Swakopmund en Walvisbaai sê hulle is keelvol vir die inperking en die gepaardgaande maatreëls.
Leandrea Louw
Leandrea Louw – Inwoners van Walvisbaai het ’n protesoptog teen die huidige inperking gereël en in ’n konvooi na die Yianni Savva-polisiestasie tussen dié hawedorp en Swakopmund gery.

Die betogers eis dat fase 3 van die inperking in die Erongostreek, spesifiek in Walvisbaai, Swakopmund en Arandis, beëindig word.

Toegerus met plakkate op hul karre met slagspreuke soos “Stop die inperking”, “Die inperking veroorsaak die dood van ons ekonomie” en “Skort regeringswekers se salarisse op tot die inperking gelig word”, het kusbewoners in Swakopmund en Walvisbaai versamel met die doel om na die Yianni Savva-polisiekantoor te ry. Daar was hulle van plan om hul ontevredenheid met die inperking-situasie duidelik te maak.

Dié van Swakop wat aan die protesaksie deelgeneem het, is egter by die brug deur gewapende magte voorgekeer en verhoed om by hul medebetogers van Walvisbaai by die polisiestasie aan te sluit.

Met hul aankoms by die Yianni Savva-polisiestasie, het die Walvisbaai-inwoners ’n lang gesprek met die polisie gevoer, waar laasgenoemde verduidelik het die konvooi is onwettig en strydig met die inperkingsregulasies. Die betogers het ook nie die nodige toestemming by die verkeersdepartement of die plaaslike polisie gekry nie.

Inspekteur Illeni Shapumba, die bevelvoerder van gemeenskapskwessies in die Erongostreek, het mense gewaarsku om nie wetstoepassers uit te daag nie.

“Almal se bewegings is beperk. Dit geld nie net vir die inwoners van Walvisbaai, Swakopmund en Arandis nie. Covid-19 is baie ernstig en moet ook só benader word. Die pandemie het ons almal se lewenswyse verander en ons moet onsself dissiplineer en besef Covid-19 is ons enigste vyand. Net wanneer ons saamwerk en persoonlike verantwoordelikheid aanvaar, sal ons ’n kans staan in dié stryd.”

Shapumba het beklemtoon betogings word nie toegelaat tydens fase 3 nie, aangesien hoogstens tien mense op ’n slag bymekaar mag kom.

“Onder normale omstandighede, as mense wil betoog, moet hulle die owerhede inlig. Die plaaslike polisie moet ingelig word oor die besonderhede. As daar ’n klagskrif is wat oorhandig moet word, moet iemand daar wees om dit te ontvang. Daar is reëls wat gevolg moet word. Jy het die reg om te protesteer en jou griewe te lug, maar dit moet steeds binne die wet gedoen word.”

Hy het ook daarop gewys dat die verkeersdepartement ingelig moet word as die betogers in ’n konvooi wil ry. “As dit nie gedoen is nie, kom dit neer op oortreding van die wet. Ons moet seker maak almal is veilig. Daar is sommige mense wat doelbewus die wet oortree. Ons kan nie wetteloosheid verdra nie.”

Organiseerders van die konvooi hou voet by stuk hulle was nie besig om te protesteer nie, maar het probeer bewustheid skep oor die lot van inwoners van die streek.

Me. Ciske Howard, een van die betogers, het inwoners van die Erongostreek met die sogenaamde “strydkinders” vergelyk.

“Mense is honger, werkloos en haweloos. Besighede kan nie net op die ekonomie van Walvisbaai, Swakopmund en Arandis staatmaak nie. Mense moet na ander dorpe kan trek. As die owerhede in ander dele van die land begin toets, sal Covid-19 syfers in ander dorpe ook die hoogte inskiet. Ons is moeg,” sê sy.

Die organiseerders het onderneem om die nodige briewe vir toestemming aan die plaaslike owerhede te skryf om te verseker die volgende “bewustheidskonvooi” is wettig.

Hulle beplan nog ’n optog môre omstreeks 15:00.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!