Behoeftiges se oë op Mangetti Duin getoets

31 May 2016 | Gemeenskap
Luka Optics hou in Junie ’n tweede uitreik-aksie na behoeftige inwoners van Mangetti Duin oos van Grootfontein.
Verlede jaar is dit baie positief ervaar, met meer as ’n honderd brille wat uitgedeel is.
Volgens me. Michelle Beeker van Luka Optics, is dié aksie ook ’n spanbou-oefening, met die personeel van alle takke wat deelneem.
“Ons gaan op 17 Junie by Hand in Hand for Africa se gebou op die dorpie wees en gaan binne een dag almal wat kom se oë toets, lense maak en waar nodig, brille uitdeel. Die hoofdoel is om blindheid te verhoed,” sê sy.
Diegene wat ou brille het wat hulle nie meer benut nie, kan dit by enigeen van Luka Optics se takke op Rundu, Grootfontein, Tsumeb, Okahandja en twee in Windhoek gaan afgee. Andersins kan Merika van die Tsumeb-tak by 067 222 622 ­gekontak word vir meer inligting.
Omdat alle personeel aan die aksie deelneem, word kliënte gevra om daarop te let dat alle Luka Optics-takke vanaf 16 tot 18 Junie gesluit gaan wees.

Soortgelyk

 

Studie-debakel vir Namibiërs in Zambië

1 uur gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is deur die Namibiese hoë kommissariaat in Zambië gewaarsku dat twee universiteite in dié buurland waar 91 Namibiese...

Meatco heroorweeg BTW-besluit

1 uur gelede | Landbou

Nuus van Meatco se herinstelling van die betaling van 15% BTW (belasting op toegevoegde waarde) op alle beestransaksies by die abattoir, is deur die NLU...

Slaggate teen einde Julie herstel

2 ure gelede | Infrastruktuur

Die munisipaliteit van Windhoek verwag dat alle slaggate van die hoofstad se paaie teen einde Julie herstel sal wees. Die woordvoerder van die munisipaliteit, me....

Onderwyseres ‘ontvoer’ skoolmeisie glo vir seks

13 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Onderwyseres van ’n hoërskool in die Suide het gister in die hof verskyn op aanklagte dat sy glo ’n skoolmeisie ontvoer...

Sokkerkoors loop hoog!

13 ure gelede | In beeld

Die opening van 2018 se Wêreldbekersokkertoernooi het gister by die Luzhniki-stadion in Moskou plaasgevind. Nagenoeg 80 000 sokkerliefhebbers het die seremonie bygewoon en die immerbekende...

Vakbond, regering stamp kop oor huishulpe

13 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig – Die permanente sekretaris in die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, sê daar steek geen waarheid in die Namibiese...

Vaarwel aan Daantjie Louw

13 ure gelede | Mense

Tielman van Lill - “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas . . . ”Só is die woorde van die...

Netumbo by slenters betrek

13 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Slenters doen tans die ronde waarby die adjunk- eerste minister en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, betrek...

Weer vir 15 Junie 2018

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: ‘n Koue front en buie word in die ||Kharasstreek en suidelik kus verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met enkele...