Begroting: Skole tap bloed uit klip

Gebeurlikheidsbedrag dek net salarisse

13 July 2018 | Ministeries
Henriette Lamprecht



Die vertraging in die goedkeuring van die begroting is die rede waarom skole steeds sonder geld sit. Volgens die permanente se­kretaris in die ministerie van onder­wys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, word die begroting gewoonlik eers in Junie elke jaar goedgekeur.

Steenkamp sê die ministerie van finansies stel ook net 33% van die totale onderwysbegroting as gebeurlikheidsbedrag beskikbaar totdat die begroting goedgekeur is. Die ministerie se totale begroting vir die 2018-'19 finansiële jaar is bykans N$13,5 miljard. Die 33% beloop sowat N$4,5 miljard.

Die gebeurlikheidsbedrag is volgens Steenkamp in die meeste gevalle net genoeg om salarisse en toelaes te dek.



steeds nie betaal

“Magtiging vir die 2018-'19 finansiële jaar is aan personeelverwante uitgawes toegeken. Die vrystelling van geld vir Julie maak voorsiening vir die uitbetaling van subsidies aan skole,” het sy gesê.

Dié subsidies is met die einde van die tweede termyn in sig steeds nie betaal nie en Steenkamp sê die bedrag per kind hang ook af van die status van die begroting op daardie spesifieke tyd.

Subsidies moet alles van skole se uitgawes vir fotostaatpapier, leerlinge se skryfbehoeftes en telefoonrekeninge tot alle buitemuurse aktiwiteite dek.

Die universele toelaag vir laerskoolleerlinge is N$300 per kind en dié van hoërskoolleerlinge N$400 per kind, sê sy.

“Die subsidie word op 'n jaarlikse basis betaal en die onderwysdirektorate in streke dra dit op 'n kwartaallikse basis aan skole oor.”

Die ministerie het streng voorskrifte vir uitgawes wat met dié geld betaal moet word. Volgens voorskrifte mag die subsidies, skenkings en geldinsamelings met die magtiging van die skoolraad en in ooreenstemming met die goedgekeurde begroting gebruik word.

Ten minste 60% van dié bedrag moet bestee word aan alle onderrigmateriaal, skryfbehoeftes vir leerlinge, handboeke en alle ander materiaal wat onderrig ondersteun.

Vir praktiese vakke soos landbou, tuinbou en huishoudkunde, moet dié geld ook pa staan vir onder meer kunsmis tot saad.

Alle uitgawes vir sport, godsdiens­tige aktiwiteite, debat, wetenskapuitstallings, skoolkore en opvoedkundige uitstappies vorm voorts deel van die 60% wat van die skool se rekening vereffen moet word. Met verwysing na algemene administrasie moet skole se telefoonrekening, koerierdienste, internet- en faksdiens, fotostaatpapier en ink vir fotostaatmasjiene ook met dié subsidiegeld betaal word.

Kantoortoerusting wat wissel van rekenaars, fotostaatmasjiene, interkomstelsels, drukkers en skandeerders tot lugverkoelers en kragop­wekkers ding ook mee vir 'n hap uit die subsidiekoek.

Om verversings en geskenke vir personeel se verjaarsdag- of afskeidsfunksies hieruit te betaal, is volgens ministeriële riglyne taboe. So ook die vergoeding van personeel wat oor naweke werk en naskoolse take verrig.

Soortgelyk

 

Wilde perde: Jongste vul reeds aangeval

2 ure gelede | Ministeries

Tanja Bause - Enige hoop op oorlewing van die Namib se wilde perde krimp al meer, terwyl die ministerie van die omgewing en toerisme na...

Leerlingdokters 'van swakker gehalte'

2 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Namibië bestee al ses jaar lank geld aan die opleiding van mediese studente in die buiteland.Volgens mnr. Cornelius Weyulu, registrateur van die...

Regulasies vir loterye en dobbel kom

2 ure gelede | Toerisme

font face="Verdana" >Francoise Steynberg - Alle rolspelers in die lotery- en dobbelbedryf moet landswye openbare werkwinkels bywoon sodat regulasies volgens nuwe wetgewing opgestel kan...

Gesondheidsmanne vas oor hospitaaltender

2 ure gelede | Ministeries

Twee administratiewe beamptes van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se kantoor op Otjiwarongo is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat ná hulle...

Weer, Woensdag 20 Februarie 2019

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die verre noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele reënbuie in die...

Twee kinders met stok doodgeslaan

2 ure gelede | Misdaad

’n Angolese burger is in hegtenis geneem ná hy twee minderjarige kinders na bewering doodgeslaan het en hul ouma ernstig gewond het. Die voorval het...

Weerwaak teen hitte uitgereik

2 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar...

Duister SA bekommer NamPower nie

2 ure gelede | Energie

Augetto Graig - Namibië se nasionale kragverskaffer, NamPower, sê Suid-Afrika se kragverskaffer, Eskom, is nie die enigste bron waarmee plaaslike krag aangevul word nie. “Namibië...

Pack Safari open toergids-akademie

2 ure gelede | Toerisme

Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak. Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak...