Begroting rem handboeke weer

04 October 2018 | Onderwys
Henriette Lamprecht – ’n Verkleinde onderwysbegroting vir die 2018-’19-boekjaar beperk die aantal handboeke wat streke kan aankoop.

Daarom moet net graad 10-handboeke vir die nuwe Namibiese Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat op gewone vlak (NSSCO) aangeskaf word.

Die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, het in ’n omsendbrief in Augustus aan onder meer streekskantore, direkteure en skoolhoofde gesê die driejaarkontrak vir die druk van handboeke het einde Maart verstryk.

Volgens Steenkamp was die ministerie in die proses om deur die Sentrale Verkrygingsraad (CPB), en in ooreenstemming met die wet op openbare verkryging, advertensies vir botte vir die druk en verspreiding van die nuwe handboeke saam te stel. Die botte sal geld vir alle fases vir die tydperk 1 Oktober 2018 tot 31 Maart 2021.

Die implementering van die hersiende leerplan vir die Senior Sekondêre Fase (graad 10 – 11) begin Januarie aanstaande jaar.

Vanaf aanstaande jaar val die graad 10 eksterne eksamens weg omdat die Junior Sekondêre Sertifikaat wat verkry word ná die graad 10 eksterne eksamens, nie meer in aanvraag is nie en werkvereistes meestal ’n Senior Sekondêre Sertifikaat insluit.

Minister Katrina Hanse-Himarwa het tydens die bespreking van haar begrotingspos vroeër vanjaar gesê N$59 miljoen is vir handboeke vir graad 10 en 11 begroot. Hanse-Himarwa het ook erken die implementering van die nuwe leerplan bring bykomende koste mee vir onder meer nog laboratoriums, klaskamers, handboeke en onderwysers.

Volgens die ministerie se handboekbeleid moet voorraadopnames by skole teen die einde van die eerste termyn voltooi word, sodat die bestelling van handboeke volgens die nuwe Senior Sekondêre Handboekkatalogus (graad 10 tot 11) kan begin. Die katalogus word deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (NIED) verskaf.

In ’n poging om te help met die aankoop van handboeke en ondersteuningsmateriaal sal die direktoraat vir programme, kwaliteit en gehalteversekering die grootmaat aankope van alle verpligte vakke volgens vanjaar se NIED-katalogus vir hoërskole aankoop.

Skoolhoofde moes reeds hul voorrade van handboeke en ondersteuningsmateriaal wat in die vorige boekjaar bestel en ontvang is, vroeg in September volgens ’n voorgeskrewe vorm ingevul het.

Teen einde September moes die behoeftebepaling en bestellings vir 2018/2019 (net graad 10) ingedien word. Skoolinspekteurs moet help met skole se bestellings wat op hul begrotingstoekenning gebaseer is.

Beamptes in die onderskeie streke verantwoordelik vir handboeke word in die omsendbrief gemaan dat die verhouding van een handboek per leerling in die lig van huidige finansiële beperkinge “nie van toepassing mag wees nie”.

Teen 15 Oktober moet die betrokke beamptes reeds kwotasies van uitgewers en verspreiders hê vir die sortering, verpakking en aflewering van handboeke aan skole in die streek. Streeksbestellings vir handboeke vir graad 10 moet volgens die omsendbrief ’n week later (22 Oktober) aan uitgewers uitgereik word.

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

12 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

12 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

12 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

12 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

12 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

12 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

12 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

12 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...