Beeste by Eiseb doen knopvelsiekte op
Beeste by Eiseb doen knopvelsiekte op

Beeste by Eiseb doen knopvelsiekte op

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.

Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte in die direktoraat veeartsenydienste (DVS), is die siekte sover by 31 beeste van tien verskillende huishoudings geïdentifiseer.

Dit is ’n aanmeldbare virussiekte wat deur bytende insekte soos muskiete en steekvlieë oorgedra word.

Boere van Eiseb in die Otjombinde-kiesafdeling is versoek om alle beeste ouer as ses maande teen knopvelsiekte in te ent.

Hulle is ook versoek om alle nuwe gevalle by die plaaslike veeartsenybeampte aan te meld.

Shilongo sê beeste sal toegelaat word om die gebied te verlaat 21 dae nadat hulle ingeënt is. Bewyse moet aan die staatsveearts op Epukiro voorgelê word voordat hy die beweging van beeste vanaf dié gebied sal toelaat.

Die siekte kom hoofsaaklik in die laat somer voor, maar in goeie jare kan dit oor ‘n langer periode voorkom, sê dr. Kobus Grobler op die webblad van die Bergbos Dierekliniek in Suid-Afrika.

Ná ‘n kort inkubasietyd van ongeveer 7 – 10 dae wys aangetaste diere ‘n neusuitloopsel, speekselvloei en geringe mankheid. Soms kom swelling van die voorbene ook voor.

Ná nog ‘n week begin knoppe van tussen 1 cm en 4 cm op enige plek op die lyf uitslaan. Sommige diere het slegs een of twee knoppe terwyl die knoppe in ander diere die hele lyf oortrek, soveel so dat die knoppe feitlik aaneenloop, sê Grobler. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!