Bedryf reageer op ‘toegang tot inligting’

Kommer uitgespreek

25 June 2020 | Regering
Denver Kisting – Die burgerregteorganisasie ACTION Coalition meen die wetsonderwerp op toegang tot inligting wat dr. Peya Mushelenga, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, verlede week in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê het, is ’n stap in die regte rigting.

Volgens dié koalisie is die wetsontwerp “’n sterk een, wat merendeels die wese vasvang en die nodige kern (substance) bevat van ’n moderne, werkbare toegang tot inligting-raamwerk”.

Nogtans, maan die drukgroep, moet ’n aantal kwessies uitgepluis word om die uiteindelike wet en regulatoriese raamwerk selfs sterker te maak.

Derhalwe versoek die koalisie dat LP’s die wetsontwerp na ’n komitee verwys vir verdere afronding.

Die uitsluiting van “verrigtinge en besluite van die kabinet en sy komitees”, byvoorbeeld, is veels te wyd, sê hulle.

Buitendien strook dié uitsluiting nie met internasionale norme nie.

Die waghond beveel aan dat die tersaaklike klousule verwyder en vervang moet word met ’n bepaling wat inligting oor kabinetsgesprekke vir tien jaar – die duur van twee presidensiële termyne – teen openbaarmaking beskerm.

Eweneens, meen die liggaam, kan regsfunksies, -benoemings en die aanwys en aanstel van regsbeamptes nie in algehele vertroulikheid gehul wees nie.

ACTION beveel ook aan dat die media-ombudsman deel moet vorm van die paneel wat vir die aanstelling van die inligtingskommissaris verantwoordelik is.

Die liggaam sê hulle sou graag ’n voorlegging oor hul kopsere voor ’n parlementêre komitee wou maak.

AGTERGROND

Die wet op toegang tot inligting het ten doel om prosesse vir toegang tot inligting onder bestaande wetgewing te ondersteun en nie te vervang nie.

Boonop is die doel van die beplande wet nie om op enige manier toegang te beperk tot enige tipe inligting onder die beheer van ’n openbare of private instelling wat normaalweg tot die beskikking van die publiek is nie.

Sou enige bepaling van die voorgenome wet teenstrydig wees met ’n ander bestaande wet, moet dié wet wat gunstiger is jeens toegang tot inligting voorkeur geniet.

So lui van die bepalings van die wetsontwerp wat verlede Woensdag deur Mushelenga NV ter tafel gelê is.

Die wetsontwerp stel ’n aantal uitsluitings voor.

Onder meer behoort kabinetsverrigtinge en -besluite uitgesluit te word, asook dié van kabinetskomitees.

Regsfunksies van howe, tribunale of ondersoekeenhede wat onder enige wet tot stand gekom het, moet ook uitgesluit word, lui die wetsontwerp.

Gepubliseerde materiaal of gepubliseerde materiaal wat beskikbaar is vir verkoop deur die publiek behoort ook uitgesluit te word.

Die wetsontwerp stel voorts voor materiaal in ’n biblioteek of museum wat bewaar word uitsluitlik vir openbare gebruik, verwysing of uitstalling behoort ook uitgesluit te word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

4 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

4 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

6 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

7 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

18 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...