Bedrieu00ebrs gee voor hulle is polisiebeamptes
Bedrieu00ebrs gee voor hulle is polisiebeamptes

Bedrieërs gee voor hulle is polisiebeamptes

Skoolseun verdrink in Lüderitz
Tanja Bause
’n Man wat tussen Maart en 16 April 2021 voorgegee het dat hy ’n polisiebeampte is, is die naweek in Kuisebmond in Walvisbaai in hegtenis geneem, lui die Namibiese polisie se misdaadverslag van die afgelope naweek.

Die man het Angolese burgers wat selfoonherlaaibewyse verkoop het, met deportasie gedreig en geld en selfoonherlaaibewyse geëis. Hy het hulle vir N$6 520 afgepers. Die 36-jarige Namibiese man is in hegtenis geneem terwyl die ondersoek voortduur.

• Vrydag om 08:30 het drie verdagtes glo by die opstal van ’n 60-jarige vrou in die Oshilulu nedersetting in Okahao aangekom. ’n Man het glo voorgegee dat hulle polisiebeamptes is en hulle het maskers met die polisielogo op gedra. Hulle het die slagoffer ingelig dat sy dokumente moet teken en haar identiteitsdokument, selfoon, bankkaart en kontant aan hulle moet oorhandig.

Die groep het glo later van die slagoffer se geld onttrek. In geheel het hulle glo N$107 457 van die slagoffer gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

VERKRAGTINGS

’n Drie-en-twintigjarige vrou wat glo swanger is, is Vrydag om 03:00 in haar huis in Goreangab in Windhoek verkrag. Na bewering het twee verdagtes gewapen met messe die slagoffer se huis binnegekom waar een van die verdagtes haar verkrag het.

Hulle het ook haar selfoon en N$640 in kontant gesteel. Die suster van die slagoffer was ook in die huis, maar sy is nie verkrag nie. Die polisie-ondersoek duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• ’n Sewejarige meisie is glo Vrydag om 20:00 in die Ombili-nedersetting in Wanaheda deur ’n 42-jarige buurman verkrag. Hy het glo die slagoffer uit haar woonplek na sy huis geneem. Hy is glo saam met die slagoffer is sy bed betrap en in hegtenis geneem.

• ’n 26-jarige man is Saterdag in Groot Aub in hegtenis geneem nadat hy glo sy 14-jarige suster verkrag het. Die voorval het tussen 20:00 en 21:00 in die informele nedersetting Rooi Rand gebeur.

DWELMS

Twee vroue van 31 en 35 jaar is Vrydag om 20:30 in Mondesa in die besit van 442 gram dagga ter waarde van N$22 100 in hegtenis geneem.

• Saterdag om 02:00 is ’n man in Hage Geingobstraat in Walvisbaai in hegtenis geneem met 23 gram dagga ter waarde van N$1 150 in sy besit.

• ’n Drie-en-dertigjarige man is Vrydag om 15:00 op die hoofpad tussen Outjo en Otavi in hegtenis geneem. Die voertuig waarin hy ’n passasier was, is deur die polisie gestop en deursoek. Die man het glo voor die stilhou ’n pakkie dagga ter waarde van N$1 850 uit die voertuig se venster gegooi en die polisie het dit gesien en die voertuig afgetrek.

• Twee mans en een vrou van onderskeidelik 36, 37 en 40 jaar is Vrydag om 11:15 in Nathaniel Maxulilistraat in Kuisebmond in hegtenis geneem. Hulle was in die besit van dagga, crackkokaïen en 56 pakkies onwettige sigarette. Die waarde is nie bekend gemaak nie. Die polisie-ondersoek duur voort.

DIEFSTAL

Twee mans van 29- en 34-jarige ouderdom is Saterdag om 03:10 op die pad na Karibib in hegtenis geneem. Die bakkie waarin hulle gery het, is deur die polisie gestop en deursoek. Verskillende items ter waarde van N$70 000 is in die bakkie gevind en die mans kon nie bewyse van betaling of eienaarskap lewer nie. Die polisie-ondersoek duur voort.

• Vrydag om 09:20 is ’n 39-jarige man in die Uupopo nedersetting in Ondangwa in die besit van sewe 30-literhouers met diesel in hegtenis geneem. Die waarde beloop sowat N$12 670. Die polisie-ondersoek duur voort.

• ’n Man gewapen met ’n vuurwapen het Vrydag om 16:00 in Moses Garoebstraat in Otjomuise ’n 22-jarige vrou aangeval en van haar selfoon beroof. Die waarde van die foon was N$705. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Vier mans het Vrydag om 15:00 by die Endombo Cash Loan in Oshakati ingestap en die vrou agter die toonbank met ’n pistool gedreig. Die ander mans het die deur oopgeskop en toegang agter die toonbank verkry. Hulle het ’n klein kluis met N$1 900, drie selfone met ’n gesamentlike waarde van N$6 000 en ’n beursie met dokumente gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Saterdag om 03:00 het vier verdagtes glo ’n sedanvoertuig agter die Pep-winkel in Kamanjab geparkeer. Hulle het na die nabygeleë Shell diensstasie gegaan en die petroljoggie met ’n pistool gedreig. Hulle het hom met skoenveters vasgebind en sy selfoon en geld gesteel. Toe hulle na hul voertuig terugkeer, het hulle die polisie by die voertuig gesien en weggehardloop. Die polisie het twee verdagtes beide 26 jaar oud in hegtenis geneem en nog twee (24 en 42 jaar) op die hoofpad tussen Outjo en Kamanjab gearresteer. Twee pistole en N$3 900 is teruggekry. Die polisie het ’n wenk uit die gemeenskap oor ’n verdagte voertuig ontvang en ondersoek gaan instel.

ONGELUKKE

Vrydag om 21:00 het die bestuurder van ’n sedanvoertuig ’n voetganger op die hoofpad tussen Ondangwa en Oshakati dood gery. Mnr. Shipanga Amagulu (36) is op die toneel oorlede. Die bestuurder het ná die ongeluk die voertuig ’n ent verder gestop en weggehardloop. Hy is Saterdag in hegtenis geneem. Die verdagte is nie in die besit van ’n geldige bestuurslisensie nie. Die ondersoek duur vort.

• Saterdag om 20:30 was ’n minibus van G4S sekuriteit en die Land Cruiser van die Zambiese hoëkommissariaat in ’n kop-teen-kop botsing in Robert Mugabe-rylaan in Windhoek betrokke. Die hoë kommissaris is in die hospitaal opgeneem. Die bestuurder van die minibus is vir waarneming na die hospitaal geneem. Daar was geen passasiers in die voertuie nie.

VERDRINKING

Evaldo Karamata (15) het Saterdag om 15:30 naby Agaatstrand in Lüderitz verdrink toe hy en skoolmaats glo gaan swem het. Sy liggaam is om 20:40 deur duikers uit die see gehaal.

• Saterdag om 10:00 het ’n 31-jarige Zambiese burger glo in die Choberivier by Ngoma verdrink nadat sy kano glo omgeslaan het. Sy liggaam is uit die rivier gehaal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.67/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 796.60/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 87.40/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 938.04/OZ DOWN -0.0021 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.67/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.38% | Zinc US$ 2 796.60/T DOWN -0.86% | Brent Crude Oil US$ 87.40/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 938.04/OZ DOWN -0.0021