Bedreigde groenseeskilpaaie broei dalk by Skedelkus

28 July 2020 | Omgewing
Elvira Hattingh – ’n Eerste rekord van ’n bedreigde groenseeskilpad (Chelonia mydas) wat langs die Namibiese kus nesmaak, word as van groot wetenskaplike waarde beskou, selfs hoewel die eiers eindelik nié uitgebroei het nie.

‘n Navorsingsartikel hieroor is vroeër vandeesmaand deur die navorsers Peter Cunningham en Johan van Rooyen in die Namibian Journal of Environment publiseer.

Op 4 Februarie vanjaar is geskiedenis gemaak toe ’n groenseeskilpadwyfie omstreeks 17:00 langs die Skedelkus deur Van Rooyen gekiek is, waar sy besig was om haar nes toe te maak. Sy was sowat 1 meter lank en was ‘n halfuur lank besig, voordat sy terug see toe beweeg het.

Die navorsers sê klein skilpadjies broei gewoonlik 54 tot 74 dae later uit. “Op 3 Mei 2020 – 89 dae nadat die eiers gelê is – is die nes gedeeltelik oopgemaak en eiers is daarbinne aangetref. Dit was dus vyf maande later en ongelukkig het die eiers nie uitgebroei nie.”

Die navorsers sê groenseeskilpaaie is daarvoor bekend dat hulle onder soortgelyke koue toestande in Chili broei. Die koue temperatuur langs die Namibiese kus en die feit dat die nes af en toe tydens hoogwater oorspoel het en nat gelaat is, het waarskynlik die ontwikkeling van die eiers belemmer, meen die navorsers.

“Daar was voorheen baie bespiegeling of hulle werklik langs die Namibiese kus broei. Die meeste navorsers dui aan dat groenseeskilpaaie nie daarvoor bekend is dat hulle langs die Skedelkus broei nie, maar wel soms hul verskyning op dié strand maak om in die son te kom bak,” verduidelik die navorsers in hul artikel.

Daar is relatief min broeiplekke vir groenseeskilpad langs die oostelike Atlantiese kus, met die mees prominente broeiplekke in Guinee-Bissau in Wes-Afrika, terwyl ‘n kleiner aantal groenseeskilpaaie ook op die Bioko-eiland, Gaboen en in die provinsies Cabinda en Namibe in Angola broei – net noord van die Kunenerivier.

Groenseeskilpaaie is ’n beskermde spesie in Namibië en word deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) as bedreig geklassifiseer, omdat hul bevolking voortdurend krimp en hul broeiplekke oraloor versteur word.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

5 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

6 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

22 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

22 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

22 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

22 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...