Bed on Bricks beste!

02 September 2004 | Kollig
WAT gebeur wanneer die Sons of Trout-hoofsanger, een van Suid-Afrika se beste baskitaarspelers, \'n waaghalsige kitaarspeler en \'n ervare tromspeler hul kragte saamsnoer om \'n natuurlike ritme en styl te skep? Bed on Bricks natuurlik!
Hierdie opwindende rockgroep se ontstaan is te danke aan Mike Hardy (van Sons of Trout) en vandag is dié groep reeds bykans \'n jaar op die SA-musiektoneel. Intussen het hulle uitstekende terugvoering ontvang van hul gehore en kritici en is Bed on Bricks \'n gewilde en bekende gesig by geleenthede in Kaapstad, die Oos-Kaap, Vrystaat en Gauteng. Hulle is selfs verlede jaar benoem as die Beste Uitvoerende Band: Pop/Rock/Jazz by die KKNK.
Benewens Mike bestaan Bed on Bricks uit Schalk van der Merwe op die baskitaar, Dave van der Linden op hoofkitaar en Tim Ranking op tromme.
Schalk is ook deel van Suid-Afrika se top blues band Delta Blue, asook Alta Joubert en SA-gunsteling Valiant Swart. Sedert sy eerste band, Shooting Corinne, op die SA musiektoneel verskyn het, genereer Dave van der Linden uitstekende rock-energie ter-wyl medelid Tim Rankin weer die musieknywerheid betree het met die SA-uitvoerproduk Dorp wat gereeld saam met sanglegende Anton Goosen optree. Tim is bekend daarvoor om by bykans enige styl aan te pas.
Bed on Bricks is trots op hul vernuf wanneer dit kom by die uitvoering van verskillende klanke en met die vrystelling van hul eerste album, Humanarium, en die liedjie van die jaar-toekenning van die SA Rock Digest, is die breë publiek haas onderweg om dié CD aan te skaf.
Bed on Bricks is op Vrydag 10 September om 19:30 by die atletiek-stadion in Olympia te sien.

Soortgelyk

 

30 jaar ná Vingerklip val

3 dae gelede | Plaaslik

Hy sal die oggend van 7 Desember 1988 nie maklik vergeet nie, vertel die bekende oudomroeper, Frikkie Wallis, wat deesdae op Swakopmund woon. “Ek was...

Kommer heers oor beheer van huur

3 dae gelede | Regering

Catherine Sasman – Die instelling van huurbeheerrade in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Oskahati en Rundu is ‘n swak deurdagte politieke besluit wat die eiendomsmark kan laat...

Windhoek sien die lig!

3 dae gelede | In beeld

Die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua, het Woensdagaand, volgens die jaarlikse gebruik, die stad se Kersliggies aangeskakel. Hiermee is die feesseisoen amptelik aangekondig en...

Dagga by die kilogramme

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting'n Suid-Afrikaanse man verskyn na verwagting vandag in die Keetmanshoop-landdroshof weens die beweerde besit van 244 kg se dagga.Hoofinsp. Kauna Shikwambi, 'n polisiewoordvoerder, het...

Vroue in uniform vat voor

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting 'n Totaal van 249 mense is tydens die vier dae van die pas afgelope Basadi-veldtog aangekeer.Dít verteenwoordig 'n toename van bykans 50% meer...

Weer, Vrydag 7 Desember 2018

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele donderbuie in die noordoostelike en verre suidwestelike gedeeltes.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel met miskolle plek-plek....

Kalender 7 Desember

3 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Rock Square Colour Festival vind môre om 10:00 by die Omulunga-stadion op Grootfontein plaas. Die fees bied ’n...

Brandstofsmokkelary uit Angola onwettig

3 dae gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Nie net is die smokkel van brandstof uit Angola na Namibië onwettig en bestaan daar kommer oor die gehalte daarvan nie, maar...

Kinderverkragting: Dossier nie in hof

3 dae gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die vermeende reeksverkragter mnr. Gewen Gawa-nab (24) het Woensdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura op twee klagte van verkragting verskyn. Die...