Basters sê oor grond

Rehoboth lewer insette

16 May 2019 |
Augetto Graig - Die Rehohoboth Baster-gemeenskap gaan binnekort stem dikmaak oor die grondkwessie.

Op 25 Mei sal die gemeenskap om 15:00 by die Kapt. Hermanus van Wyk-gedenksaal op die dorp vergader.

Volgens die Baster-kaptein, mnr. John McNab, hou die vergadering verband met die insette wat die gemeenskap aan die kommissie van ondersoek oor voorvaderlike grond wil lewer.

Die kommissie is ná verlede jaar se nasionale grondberaad in die lewe geroep.

McNab sê sy kantoor doen reeds jare lank navorsing oor verskeie kwessies met betrekking tot grond in Rehoboth gedoen.

“Ons het nou die punt bereik waar ons in staat is om ’n amptelike voorlegging aan die kommissie van ondersoek oor voorvaderlike grondeise en restitusie te kan doen,” sê hy.

Die United People’s Movement (UPM) het op 9 Mei reeds met die kommissie vergader en het die kaptein ook oor die kommissie se verwysingsvoorwaardes ingelig, sê hy.

McNab sê die Baster-gemeenskap en die UPM sal die pad vorentoe saam uitpluis.

Hy moedig lede van die gemeenskap aan om sy kantoor te ondersteun sodat eise die gemeenskap se ware strewes weerspieël.

Volgens hom wil die Rehoboth Baster-gemeenskap as ’n minderheidsgroep in Namibië erken word, met volle regte en respek, om hulle van voortbestaan te verseker.

“Dit was ’n lang pad wat ons tot hier gebring het, en tog is daar meer om te doen. Jul aanhoudende ondersteuning, hulp en geestelike leiding het ons tot hier gebring en is steeds nodig om ons drome te bewaarheid,” sê hy.

Intussen het die kommissie laat weet hulle sou gister hul eerste nuusverklaring oor hul werksaamhede tot dusver uitreik.

Die kommissie is oop vir insette oor voorvaderlike grondregte van gister af tot 15 Junie.

Resolusie 37 va verlede jaar se nasionale grondberaad ondersoek die definisie van voorvaderlike grond in terme van ekonomiese, kulturele en geestelike eise.

Die kommissie is in die lewe geroep om gemeenskappe te identifiseer wat voorvaderlike grond verloor het, en om die grootte en grense van verlore voorvaderlike grond te bepaal.

Dit moet ook voorsiening vir hervestigingsvereistes opstel wat verseker die mees geraakte gemeenskappe word regverdig behandel.

Die kommissie moet ’n algemene begrip oor voorvaderlike grondregte en restitusie daarstel.

Resolusie 38 van die grondberaad het ten doel gehad om alternatiewe maatreëls te identifiseer wat maatskaplike geregtigheid en ekonomiese bemagtiging by geraakte gemeenskappe sal bevorder.

Hulle moet ook vergoeding van koloniale magte in ag neem en hoe dit vir die regstelling van voorvaderlike grondregte aangewend kan word.

Onder meer moet die kommissie ook toepaslike wetgewing formuleer, voorkeur aan menseregte in die regstellende proses verleen, onderskei tussen verskillende tipes voorvaderlike grondeise en ook vroue en geraakte gemeenskappe insluit.

Die kommissie sal ook die hernoeming van plek- en straatname oorweeg.

Vir meer inligting oor die vergadering, kontak die kaptein se kantoor by 081 793 0704.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

11 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

11 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

11 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

11 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

11 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

11 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...