Basters kies Saterdag volk se nuwe kaptein
Basters kies Saterdag volk se nuwe kaptein

Basters kies Saterdag volk se nuwe kaptein

Kandidaat eis steeds veldtog tydperk moet verleng word terwyl voorbereiding vir 24 April mik
Augetto Graig
Augetto Graig – Saterdag 24 April is stemdag vir die Rehoboth Bastergemeenskap. Volgens die voorsitter van die verkiesingskomitee onder die Kantoor van die Kaptein, mnr. Wesley Harker, gaan voorbereiding voort.

Gister teen 16:00 was reeds meer as 5 000 stemmers geregistreer en hy was oortuig 'n vloed registrasievorms sou nog ná vyfuur instroom, aangesien sowat 8 500 vorms uitgedeel was. Die spertyd vir registrasie van kiesers was gisteraand halfagt.

Harker skat tussen 70% en 80% van geregistreerde kiesers sal Saterdag stem. Hy het verskeie stempunte aangekondig, insluitend die Hermanus van Wyk gedenksaal in die dorp, wat van 07:00 tot 21:00 vir stemdoeleindes oop sal wees.

Basters kan ook by die Annelie Olivier ouetehuis vanaf 07:00 tot 14:00 stem; by die Social Housing saal in Blok F (07:00 tot 15:00); die saal by Echo-diensstasie (15:00 tot 17:00); die Beukes Self-Help in Kavukiland (07:00 tot 20:00) of tydens die Community Trust skoudag by die Kameeldoring Kwekery (07:00 tot 12:00).

Die Kapteinskantoor reël ook mobiele stempunte om Rehoboth se omliggende plase te besoek en stemgeleenthede te bied, sê hy.

Mnr. Jacky Britz en mnr. Rynault van Wyk is die twee mededingers vir die posisie van Baster Kaptein. Britz was gister onbereikbaar, maar Van Wyk is ontevrede met die kort tydperk wat vir sy verkiesingsveldtog beskikbaar is.

“Dit is vandag maar 'n maand vandat ons van die verkiesing gehoor het. Mense op grondvlak is nog nie bereik nie,” sê hy.



'NET MOOI NIKS IN PLEK'

Van Wyk dring aan die verkiesing moet uitgestel word, “maar nie afgestel nie. Die Van Wyk-groepering is besig om 'n hofbevel te kry om die tydperk te verleng.”

Van Wyk het gisteroggend sy prokureurs oor die saak gaan spreek. Hy kla ook dat voorbereiding en inligting oor die verkiesing nie versprei word nie.

“Ek weet niks van die kiesrol nie, nie van stempunte nie, nie stemmetodes of reëlings vir toesighouers nie. Op Afrikaans sê ons dit is mooi niks. Niks is in plek nie,” sê hy.

Harker dring egter aan: “Die verkiesing sal voortgaan. Ons gaan voort,” sê hy.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!