'Barbaarse' olifantjag skaad Namibië se beeld

Die ministerie van die omgewing­ het gedreig om 'n Namibiese jagter se registrasie te kanselleer oor 'n beweerde onetiese jag.
Denver Kisting
Denver Kisting



Namibië is opnuut internasio­naal in die sop nadat 'n video oor 'n wrede olifantjag die ­afgelope week aan die lig gekom het.

'n Storm woed sedertdien in sosiale media en op die webwerwe van internasionale nuusblaaie.

Die voorval het die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) só gegrief dat hy dadelik 'n ondersoek van stapel gestuur het.

Mnr. Corné Kruger se registrasie as professionele jagter is in die gedrang, sê dié ministerie by monde van sy woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda. Sou sy registrasie op­geskort word, sal hy nie weer ­professioneel in Namibië mag jag nie, het Muyunda gewaarsku.

In die video van een minuut en 40 sekondes, wat steeds soos 'n veldbrand versprei, brand twee jagters op 'n reuseolifantbul los nadat een die ander aanraai om die bul tussen die oë te skiet.

Die bul is deel van 'n groot trop, waaronder kalfies ook gesien kan word.

Kort daarna bars daar pande­monium los toe die trop op die twee mans afstorm.

Hulle laat spaander en een skreeu om hulp.

Muyunda het gister aan ­Republikein gesê: “Ons veroordeeel dit (die voorval). Ons sal beslis iets ­daaromtrent doen.”

In dié stadium is dit onseker presies wanneer die voorval in die Nakabolelwa-­bewaringsgebied in die Zambezistreek afgespeel het.

Kruger se pa en mede-eienaar van Omujeve Hunting Safaris, mnr. Nic Kruger, het gistermiddag gesê die voorval het reeds “drie of vier” jaar gelede gebeur.

Maar, sê Muyunda, die ministerie gee nie om wánneer dit gebeur het nie. “Wanneer ook al dit gebeur het, die praktyk is steeds verkeerd.

“Daar is té veel internasionale geraas daarteen.”

In 'n sterk bewoorde verklaring, wat Muyunda Saterdag uitgereik het, sê hy: “Dit is onetiese jag, wat indruis teen die beginsels van bewaringsjag in die Republiek van Namibië. Ons veroordeel dié barbaarse en onprofessionele manier van jag, waarmee ons definitief nie vereenselwig wil word nie.”

Hy sê voorts Namibië is verbind tot die volhoubare gebruik van wildhulpbronne soos vervat in die Grondwet. “Sport- of trofeejag spruit uit goeie bewarings- en wildlewebestuur, en dit is ons almal se gesamentlik plig om te verseker ons wend ons wild volhoubaar aan.”

Muyunda sê Namibië se jagbedryf dra by tot bewaring, asook maat­skaplike en ekonomiese bemagtiging – veral van diegene in landelike gebiede. “Dít maak dié bedryf beduidend en daarom moet enige gedrag wat dit vernietig, uitgeroei word,” het hy gesê.

Nic Kruger het gistermiddag gesê hulle verwelkom die ondersoek. “Ek het geen probleem dat die ministerie die jag ondersoek nie. Ek het gisteraand (Saterdag) met my seun gepraat en ons het geen probleem nie. En dan moet hulle nou hulle besluite neem.”

Volgens hom was dit 'n wettige jag.

Hy sê ook Corné en die trofeejagter is nie tydens die voorval beseer nie. “Hulle (die olifante) het bietjie gestorm. Dis 'n gevaarlike jag. Hulle is gevaarlike diere.”

Oor die ministerie se bewering dat die jag barbaars was, sê Nic: “Hulle moet bietjie versigtig wees wat hulle sê, sou ek sê. Hulle moet kom bewys dit was barbaars.”

Hoewel hy nie tydens die voorval teenwoordig was nie, wys die beeldmateriaal “plus minus wat daar gebeur het”, sê Nic.

Corné is tans in die Zambezistreek en sal eers later vandeesweek weer bereikbaar wees, sê die pa.

Volgens Nic bring die trofeejagter, wat al “baie hier kom jag het”, dikwels 'n fotograaf saam.

Die president van die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha), me. Denene van der Westhuyzen, het by navraag gesê hulle dra kennis van die voorval.

Sy sê Kruger is nie 'n Napha-lid nie “en val daarom onder die MET se jurisdiksie”.

Sy het voorts gesê die video lok emosionele reaksies uit.

“Daarom het Napha juis die ­minister ondersteun om enige sensitiewe video's en foto's van enige sosiale media af weg te hou.

“Die feit van die saak is dat enige vorm van jag absoluut noodsaaklik is vir ons omgewing en wildlewe, en sulke tipe video's laat die verkeerde indruk van wat etiese en ­verantwoordelike jag is, soos Napha dit uitbeeld.

“Ek verwys weer na ons sosiale­mediariglyne en dring daarop aan dat jagters dit volg.

“Hierdie saak word deur die MET ondersoek en of daar wel enige onwettige aksies betrokke was.

“Die betrokke beroepsjagter is nie 'n Napha-lid nie, en daarom wil ons nie enige uitlatings maak voordat die saak deur die ministerie afgehandel is nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.27/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 807.10/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.89/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 903.09/OZ DOWN -0.0075 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.27/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 807.10/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.89/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 903.09/OZ DOWN -0.0075