Banke: 2019 is die ‘jaar van die kliënt’
Die vier groot banke in die buurland fokus volgens ’n verslag ernstig op digitale dienste om te verseker hulle handhaaf hul posisie in die mark.
Elvira Wood – As daar nou een ding is waaroor PwC sekerheid het in 2019, is dat vanjaar die “jaar van die kliënt” gaan wees.
PwC sê in sy jaarlikse ontleding van die “vier groot banke” dit is duidelik dat banke ernstig op digitale dienste fokus om te verseker hulle handhaaf hul posisie in die mark.
“Hul vermoë om tegnologie te gebruik en uitvoering te gee aan hul digitale strategieë wat nou duidelik groter transaksievolumes op digitale platforms ondersteun, het die banke gehelp om finansieel goed te presteer,” sê Johannes Grosskopf, finansiëlediensteleier van PwC Africa, in dié verslag.
PwC stel elke jaar dié verslag saam nadat die vier groot banke – Nedbank, Absa, FirstRand en Standard Bank – hul jaarresultate gepubliseer het.
“Dié voortgesette digitale en kliëntgerigte fokus sal mededinging met nuwe toetreders in die plaaslike banksektor interessant maak. Dit sal tot voordeel wees van die kliënt met beter dienste en meer mededingende pryse wat aangebied gaan word,” voorspel Grosskopf.
Luidens PwC se verslag het transaksievolumes gehelp om nie-rentedraende inkomste met 4,6% teenoor ’n jaar tevore te laat styg.
Dié syfer, wat onder meer bankkoste insluit, is vir banke belangrik omdat dit daarop kan dui dat meer mense meer bankdienste gebruik. Dit styg of daal ook nie na gelang van rentekoerse nie.
Die tradisionele “groot vier” banke kry beduidend meer mededinging met nuwe spelers in die sektor – Tyme Digital, Discovery Bank en Bank Zero – wat nou kliënte kan lok.
Buiten dié drie, het African Bank, Sasfin en Bidvest Bank ook aangedui dat hulle ’n groter rol in die kleinhandel-banksektor wil speel.
Capitec moet ook nie buite berekening gelaat word nie, terwyl Investec weer sê hy wil sy korporatiewe bankdienste verfris.
“Die kliënt gaan groot voordeel trek danksy mededinging in die plaaslike bankmark in beide die klein- en groothandel-banksektor,” voospel PwC.
Afrika
Buiten die fokus op digitale dienste, sê PwC, het die vier groot banke se fokus op die res van Afrika hulle ook gehelp om finansieel baie goed in 2018 te presteer.
Luidens sy ontleding het dié vier ’n gekombineerde wesensverdienste van R82,75 miljard vir die jaar tot einde Desember aangeteken.
Dit is groei van 8,7% teenoor ’n jaar gelede.
“Die groot banke het steeds gegroei, ondanks ’n uitdagende omgewing,” sê Grosskopf.
Hy sê ekonomiese groei in 2018 in Afrika suid van die Sahara was 2,9%.
Dié groeisyfer regverdig die banke se fokus om buite Suid-Afrika se grense na nuwe moontlikhede te kyk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie