Bank waarsku oor Hongkong-betogings
Bank waarsku oor Hongkong-betogings

Bank waarsku oor Hongkong-betogings

Die Bank of East Asia het 'n daling van 75% in sy halfjaarwins aangeteken.
'n Groot ­handelsbank het verlede week gewaarsku dat die weke lange protes in Hongkong die ekonomie van dié Chinees beheerde stad, asook dié van China, kan benadeel.

Dit kom te midde van betogers wat hulle regmaak vir 'n sitbetoging by 'n moltreinstasie en die plek waar 'n ruk gelede 'n vigilante-aanval was.

Die Hongkong-gesetelde Bank of East Asia (BEA) het 'n daling van 75% in sy halfjaarwins aangeteken nadat hy lenings in China afgeskryf het weens 'n insinking in die markte vir handels­eiendom buite China se top-stede.

Die bank het ook gewaarsku dat ­maatskaplike onrus in Hongkong en 'n handelsdispuut tussen China en die VSA die ekonomie van sowel China as die voormalige Britse kolonie kan skaad.

“Die gespanne atmosfeer (in Hongkong) sal waarskynlik 'n ­nadelige invloed hê op verbruikers- en sakevertroue en op inkomende toerisme as daar nie binnekort 'n oplossing kom nie.” het BEA in 'n verklaring gesê.

Sommige maatskappye in Hongkong is by omstredenheid ingetrek ná 11 weke se gewelddadige skermutselings tussen die polisie en pro-demokratiese betogers, wat ergerlik is oor 'n gewaande verwatering van vryhede.

Vlieëniers en kajuitbemanning van Cathay Pacific Airways het gesê hulle loop deur onder 'n “wit terreuraanslag” van politieke teregwysings, afdankings en die deurgaan van hul selfone deur Chinese lugvaartbeamptes.

Bank of East Asia en sy mededingers het by ver­skeie geleenthede takke in die omgewing van die betogings gesluit.

“Die onlangse ­situasie in Hongkong skep tekens van kommer vir die plaas­like klein- en mediumgrootte ondernemings,” het Adrian Li, medehoofamptenaar van BEA, aan joernaliste gesê.

“As die heersende toestande so voortduur, sal dit toerisme, handel sowel as beleggers se vertroue raak.

“Desondanks bly ons Hongkongse batewaarde steeds baie gesond.”

Betogers het hulle eergister gereed gemaak om by die Yuen Long-massa-aansluitingstasie saam te trek in een van 'n reeks betogings die afgelope elf weke, waarvan sommige gewelddadig geraak het. Dit sluit die bestorming in van die wetgewergebou en chaos op die lughawe in die land.

Op die aand van 21 Julie het sowat 100 mans die stasie bestorm, ure nadat betogers 'n optog deur Hongkong se stadskern gehou en China se belangekantoor gevandaliseer het.

Dié kantoor is die hoofsimbool van Beijing se gesag oor die stad.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!