Balle gaan by weeklange kampioenskap klap
Balle gaan by weeklange kampioenskap klap

Balle gaan by weeklange kampioenskap klap

Rolbal
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Namibiese rolbalspelers is gereed om vanaf môre tot 6 Mei hul beste voet by die jaarlikse, weeklange nasionale kampioenskap in Windhoek voor te sit.

Anders as met interklubwedstryde, sal deelnemers toegelaat word om hul eie spanne te kies en sal in die enkel-, pare- asook drie- en vierspel-afdelings vir medaljes meegeding word.

'n Onder 17-afdeling sal Maandag vanaf 08:00 tot 13:00 by die Windhoek Buiteklub beslis word, terwyl die mans- en vroueveterane onderskeidelik saam met beginners op ­Donderdag en Vrydag in aksie sal wees.

Groot belangstelling heers in die enkelspel-afdeling waar die bekende ysters soos Will Esterhuizen en Axel Krähenbühl vir Douw Calitz, die 2016-kampioen, sal wil skrikmaak.

Marietjie van den Bergh sal haar moet staal om haar enkelspelkroon van 2016 teen die aanslag van Amanda Steenkamp en Anjuleen Viljoen te beskerm. Verlede jaar het Will Esterhuizen (junior) en Krähenbühl die paretitel voor die neuse van die pa- en seunkombinasie van Jurie en Douw Calitz weggeraap en dit sal interessant wees om te sien wie volgende Saterdag as die kampioene bekroon gaan word. Aan die vrouekant was Anjuleen Viljoen en Lesley Vermeulen net te goed vir Marietjie van den Berg en M. Ayres om die parespel te oorheers.

Die kampioenskap word vandag amptelik om 18:00 by die Eros Rolbalklub geopen en môre dieselfde tyd kan geesdriftiges vir 'n biefstukbraai by dieselfde venue naderstaan.

Die eerste balle word môreoggend agtuur by die baan van TransNamib Rolbalklub gerol wanneer die mans mekaar pak, terwyl die vroue terselfdertyd by die Eros-klub doenig sal wees.

Die kampioenskap kom volgende Saterdag tot 'n einde wanneer die nasionale kampioene vir hul weeklange uithakerspel bekroon sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!