Baie wil met Brussels Airlines na Namibiu00eb vlieg
Baie wil met Brussels Airlines na Namibiu00eb vlieg

Baie wil met Brussels Airlines na Namibië vlieg

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Lufthansa-groep van rederye sê hy is gereed om wanneer die grens op 19 September as deel van fase 5 van Namibië se Covid-19-inperkings heropen, drie keer per week tussen Frankfurt en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te vlieg.

Kaartjies verkoop reeds soos soetkoek, sê dié groep.

Brussels Airlines is die redery wat Lufthansa as deel van sy nuwe sakeplan, wat gegrond is op die potensiaal van die Namibiese toerismemark, op die Windhoek-roete gaan inspan.

Dit blyk uit ‘n brief wat op 22 Julie aan die ministeries van werke en vervoer, staatsondernemings, finansies, en die omgewing, bosbou en toerisme, asook die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) en die Lughawensmaatskappy (NAC) gestuur is.

“In die lig van die maatreëls om die Covid-19-gesondheidsimpak in beide lande te beheer, glo ons die hervatting van internasionale vlugte tussen Namibië en Duitsland is moontlik en redelik, mits Namibië na fase 5 beweeg en Duitsland dieselfde tyd reiswaarskuwings en kwarantynmaatreëls opskort.

“Ons topbestuur het teen hierdie agtergrond drie vlugte per week op die Frankfurt-Windhoek-roete op ’n voortgesette grondslag goedgekeur,” lui die brief.

Dit blyk verder hierdie is deel van ‘n nuwe sakeplan gemik op ontspannings- en toerismeverkeer na uitsoekbestemmings deur dié Duitse lugrederygroep.

“In die toekoms sal Brussels Airlines, ’n volle lid van die Lufthansa-groep, die operasionele redery wees in ’n onderverhuringsooreenkoms met Eurowings.”

Eurowings in samewerking met Sun Express Germany, beide ook rederye in die Lufthansa-groep, het sedert 2017 tot en met die inperkingsmaatreëls tussen Duitsland en Namibië gevlieg.

Lufthansa sê hy steun op sy goeie betrekkinge met die NCAA en is optimisties dat die nodige regulatoriese prosedures wat hierdie nuwe sakemodel sal moontlik maak, vinnig en maklik sal verloop.

Dit blyk verder hierdie internasionale lugvaartreus glo daar is baie potensiaal in die herlewing van die toerismesektor in Namibië.

“Ons het baie goeie kaartjieverkope na en van Windhoek en dit ondersteun ons siening dat toeriste gereed is om julle pragtige land te herontdek,” lui die brief.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!