'Baie sterf, want niemand gee om'
'n Man eis miljoene van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nadat sy broer in die Katutura-hospitaal gesterf het.
Henriette Lamprecht - “Hoekom is daar so baie nalatigheid by pasiënte in ons hospitale? Baie mense gaan dood omdat niemand vir ons in hospitale omgee nie.”
Mnr. Liwela Victor Kamwi, wat op 15 Desember 2016 in die Katutura-hospitaal dood is, se broer eis nou N$30 miljoen van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) vir die verlies van die familie se enigste broodwinner.
Dít weens wat hy beskryf as “’n voortydige sterfte deur die regering veroorsaak”.
Volgens mnr. Liwela Obrine Katanekwa, van die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek, het Kamwi gedurende die twee dae wat hy in die hospitaal opgeneem was, geen medikasie of kos ontvang nie.
Al sorg wat hy glo volgens hofstukke ontvang het, was ’n “drip” en ’n bottel water.
Volgens Katanekwa was sy broer “in staat om sin te praat” toe hy die oggend van 15 Desember opgeneem is. Tydens ’n besoek aan sy broer die volgende oggend is Katanekwa van ’n leerlingdokter vergesel.
“Vrae is aan my broer gestel wat hy kon beantwoord. Ek was teenwoordig en kon ook help om van die vrae te beantwoord.”
Volgens Katanekwa is daar vir sy broer gesê as hy rook, moet hy vir tuberkulose getoets word voordat hy enige behandeling ontvang. Ook op dag twee van sy broer se opname in die hospitaal het Kamwi glo nie medikasie of enigiets om te eet ontvang nie. Hy is glo ook nie vir die beplande TB-toetse geneem nie.
“Dit beteken hy het vir twee dae geen medikasie ontvang nie, slegs ’n drip. Vir twee dae het hy letterlik net water gekry, geen medisyne, geen kos.”
Volgens Kamwi se doodsertifikaat was die oorsaak van sy dood ’n onderste lugweginfeksie.
“Die leemte wat hy gelaat het, kan deur niemand gevul word nie. Sy dood was vir my ’n verrassing omdat hy nog gepraat het toe ek hom die middag besoek het,” lui Katanekwa se verklaring. Volgens hom is Kamwi egter tussen 17:00 en 18:00, enkele ure ná sy besoek, dood.
Volgens Katanekwa se verklaring moes sy broer eerder na die intensiewesorgeenheid geneem word of ten minste suurstof ontvang het. Tot dusver het hy volgens hom ook nog nie ’n mediese verslag van die Katutura-hospitaal oor sy broer se behandeling ontvang nie.
“In plaas daarvan het hy saam met ander in ’n saal gelê sonder dat hy enige mediese aandag gekry het.”
Hiervoor eis Katanekwa N$10 miljoen van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS).
Vir die finansiële ondersteuning van Kamwi se drie dogters, een seun en ook sy ma eis Katanekwa nóg N$10 miljoen.
“My broer was die enigste broodwinner en het gehelp om kos te koop en skoolfooie en –uniforms en vervoer skool toe te betaal – alles wat nodig was. Daar is niemand wat daardie plek in die familie kan inneem nie.
“Ons het ons broer, ’n pa en ’n eggenoot verloor weens sy voortydige dood wat deur die regering veroorsaak is. Dít is ons vriende, kollegas en bure se lyding.”
Sy reuse-eis van N$30 miljoen is onder meer vir pyn en lyding, en verlies aan inkomste en ondersteuning.
Katanekwa het vir regshulp by die ministerie van justisie se direktoraat regshulp aansoek gedoen, maar die aansoek is volgens hom nog nie verwerk nie.
In die lig hiervan het hy die hoërhof versoek dat hy homself in die saak verteenwoordig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie