Baie leerlinge, min plek

11 January 2017 | Onderwys
Estelle de Bruyn



Wanneer die skole vanoggend hul deure vir die eerste keer vir die nuwe skooljaar open, sal talle leerlinge wat nie betyds geregistreer het nie, wéér nie in oorvol skole geakkommodeer kan word nie.

Volgens 'n woordvoerder van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, me. Johanna Absalom, word ouers wie se kinders nie plek in die skole kry nie, aangeraai om met die ver­skillende onderwysdirektorate in die streke in verbinding te tree sodat na alternatiewe moontlikhede vir plasings in skole gesoek kan word.

Sy het 'n beroep op ouers gedoen om buigsaam te wees en nie aan te dring op plasing in 'n spesifieke skool nie en eerder seker te maak dat 'n leerling wel plek in 'n ander skool kry.

Nampa berig intussen dat ongeveer 103 graad 1-leerlinge en 328 graad 8-leerlinge in die Khomasstreek nog nie vir die 2017-skooljaar plek kon kry nie. Khomas se direkteur van onderwys, mnr. Gerard Vries, het aan dié nuusagentskap gesê dit wil voorkom asof baie ouers hul plig versuim het en nie vroegtydig hul kinders by skole inge­skryf het nie.

Hy sê die regering kan nie alleen aanspreeklikheid aanvaar nie.

“Dit is nie die regering se skuld as kinders nie in hul onder­skeie grade geplaas is nie. Ouers is reeds in September verlede jaar ingelig om hul kinders vir die komende skooljaar te registreer,” het hy gesê.

Hy sê baie leerders is nie in skole geplaas nie, moontlik omdat hul aansoeke by 'n betrokke skool onsuksesvol was en hulle daarna nie by sy kantoor vir registrasie aangemeld het nie.

Vanweë die hoë aanvraag na plasings in graad 1, 8 en 11, moet aansoekers wat nie suksesvol was vir plasing in staatskole nie, by die onderwysdirektoraat van die betrokke streek registreer sodat oorweging aan hul plasing geskenk kan word.

Aansoeke vir plasings in alle laer- en hoërskole van die staat vind jaarliks tussen Julie en Augustus vir die volgende akademiese jaar plaas.

Vries sê diegene wat laat by sy kantoor registreer, mag moont­lik eers 15 dae nadat die skole geopen het, geplaas word.

Die Khomasstreek het 54 staats- en private laerskole en 30 staats- en private hoërskole.

'n Groot getal leerlinge woon skole in die Khomasstreek by, omdat hul ouers in die hoofstad werk of vanweë 'n beter infrastruktuur as elders in die land.



Besoek aan skole

Maria Eiseb van Republikein het gister in Windhoek na die stand van sake by skole ondersoek ingestel.

Sommige ouers van kinders wat vir die eerste keer skool gaan, het nog gesukkel om die kinders in te skryf. 'n Ouer wat anoniem wil bly, het gesê sy het plek vir haar kinders in graad 1 en 2 gesoek. Sy het by die laerskole in Katutura aangeklop en het ook na ander skole in die stad gegaan. Hierdie skole was volgens haar ook reeds vol. Sy is egter vasbeslote om aan te hou soek totdat sy vir hulle plek kry.

Tydens die besoek van Republikein aan die Hoërskool Ella du Plessis het die hoof, mnr. Jakavaza Kavari, gesê hulle is besig met die registrasie van die graad 8-leerlinge wat verlede jaar aansoek gedoen het. Volgens Kavari is die ouers ongeduldig. “Die ouers verstaan nie as ons aan hulle probeer verduidelik nie.

“By Ella diskrimineer ons nie,” het hy bygevoeg.

Kavari het gesê hulle wil hê al die kinders moet opgevoed word en as onderwysers doen hulle hul bes om die leerders te akkommodeer terwyl daar plek is. Hy het gesê dit maak nie saak hoe die leerders die vorige graad geslaag het nie. “Sommige kinders slaag baie goed, andere vaar swak en sommige word oorgeplaas, maar ons wil almal help," het hy gesê.

Die opsigter van die seunskoshuis by die skool, mnr. Gebeten Mbaukua, het gesê die koshuis word opgeknap en hulle sal baie min seuns vir die eerste kwartaal inneem.

“Op die oomblik sal die beste presteerder in elke graad voorkeur geniet om in die koshuis te bly,” het hy gesê.

Rig navrae hier

Erongo

Swakopmund-gebied: 064 415 450

Omaruru-gebied: 064 571 051

Walvisbaai-gebied: 064 200 218

//Kharas 063 227 020

Hardap 081 343 6877

Omaheke081 227 2744

Otjozondjupa 081 276 7112 óf

081 326 1006 óf

081 269 0179

Khomas061 293 4208

Kunene067 335 123

Omusati 065 251 019

Oshana 065 229 800 óf 229 825

Oshikoto 065 281 916

Ohangwena 065 290 277 óf

290 259

Kavango-Oos081 127 9245 óf

081 147 2408

Kavango-Wes081 307 0328 óf

081 290 2470

Zambezi 081 786 2442

Soortgelyk

 

Huis brand op Bethanie

5 ure gelede | Ongelukke

'n Huis in die Riverside-woonbuurt op Bethanie in die //Kharasstreek het aan die brand geslaan. Rookwolke het hemelhoog gestaan, het 'n leser via WhatsApp laat...

Verdrinkingsaak: Dagmoeder skuldig

19 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - 'n Vrou in wie se sorg 'n 11 maande oue baba vier jaar gelede in Pionierspark verdrink het, is gister in...

Bakkie rol by vulstasie

19 ure gelede | Ongelukke

Jessica Botes - Die bestuurder van 'n enkelkajuitbakkie wat Sondagoggend op Walvisbaai gerol en byna op 'n brandstofpomp te lande gekom het, is in hegtenis...

Damvlakke aan die styg

19 ure gelede | Weer

Tanja Bause - Die Von Bachdam buite Okahandja het verlede week invloei van meer as 3% gekry en die dam is tans 15.5% vol. In...

Rundu-ongeluk: Vier sterf, vyf beseer

19 ure gelede | Ongelukke

Saterdag het vier mense in 'n ongeluk 15 km buite Rundu gesterf en vyf is beseer. 'n Bakkie en 'n vragmotor het gebots nadat die...

Weer vir 17 Januarie 2017

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees...

Weer vir 16 Januarie 2017

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die suidelike helfte. Elders sal dit warm tot baie warm wees met enkele donderbuie, maar...

'Onderwysstelsel grootste oorsaak van werkloosheid, misdaad'

19 ure gelede | Onderwys

Estelle de Bruyn - Die Namibiese onderwysstelsel is nog vér van die verwesenli­king van sy gestelde doelwitte van gelykheid en gehalte in onderrig.So sê die...

Omgewingsgroep besoek Chinese ambassade

19 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - 'n Sterk-bewoorde brief van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) wat op 21 Desember aan die Chinese ambassadeur oorhandig is, het...