Bahamas steier nu00e1 dodelike Dorian 20 lewens eis
Bahamas steier nu00e1 dodelike Dorian 20 lewens eis

Bahamas steier ná dodelike Dorian 20 lewens eis

Terwyl die verwoesting van orkaan Dorian, wat die Bahama-eilande Sondag getref het, al duideliker word, het die dodetal tot 20 gestyg.

Die premier, Hubert Minnis, meen dat die dodetal moontlik selfs verder sal styg nadat die kategorie 5-orkaan dae lank oor die eilande gewoed het, berig Reuters.

Reddingswerkers kan nou eers daarin slaag om uit te kom by plekke in die noorde, wat Minnis meen heeltemal vernietig is, berig BBC.

Hy het dié orkaan beskryf as die ergste natuurramp wat die eilande tot dusver getref het. Die storm het 48 uur lank oor die eilande gewoed.

Beeldmateriaal wat uit die lug geneem is, wys die puin wat gesaai lê sover die oog kan sien.

’n Massiewe humanitêre krisis dreig nadat derduisende mense haweloos gelaat is.

Op lugfoto’s van die Groot-Abaco-eiland lê bote en skeepshouers soos speelgoed rond.

Mark Lowcock, die Verenigde Nasies se adjunk-sekretaris-generaal van humanitêre sake en koördineerder van noodleniging, sê minstens 70 000 mense het kos, mediese dienste en beskutting nodig.

Dorian, wat Woensdag afgegradeer is tot ’n kategorie 2-orkaan, het weer spoed opgetel en is nou ’n kategorie 3-orkaan wat na die Amerikaanse deelstate, Georgia, Noord-Carolina en Suid-Carolina, op pad is.

Florida, waar miljoene mense as voorsorgmaatreël hul huise ontruim het, is grootliks gespaar, aangesien die storm slegs oor die see gewoed het, berig The Washington Post. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!