Baba lu00ea 35 uur lank in ysige koue in puin
Baba lu00ea 35 uur lank in ysige koue in puin

Baba lê 35 uur lank in ysige koue in puin

’n Babaseuntjie is in ysige koue onder die puin van ’n woonstelgebou in Rusland gevind 35 uur nadat ’n gasontploffing die gebou verwoes het.

Die ontploffing in die nywerheidstad Magnitogorsk, sowat 1 000 km van Moskou af, het 48 woonstelle in die gebou van tien verdiepings Maandagoggend vroeg in puin gelê.

Daar was blykbaar 120 mense in die gebou ten tyde van die ontploffing.

Volgens die BBC is 19 lyke al gevind en word tot 27 mense nog vermis.

Net ses beseerdes is tot dusver gered.

Maandag was ’n vakansiedag in Rusland en die meeste van die inwoners was nog aan die slaap toe ’n gaslekkasie die ontploffing veroorsaak het.

Die nuusagentskap Interfax het berig die baba, wie se naam Iwan is, is eergister gevind nadat ’n reddingswerker hom hoor huil het.

“’n Grootskaalse soektog is dadelik begin,” het ’n reddingsbeampte aan Interfax gesê.

Dit was moeilik om hom uit te haal omdat die bourommel baie onstabiel is. Hulle moes baie versigtig te werk gaan.

Volgens die beampte het honderde mense “gestaan en wag vir die verskyning van die kind, soos om op ’n wonderwerk te wag”.

“En toe gebeur die wonderwerk. Daar was trane in die oë van die uitgeputte reddingswerkers.”

’n Video wat deur die plaaslike reddingsdepartement geneem is, wys hoe ’n reddingswerker die baba met sy pienk sokkies onder die rommel uittrek en in ’n kombers toedraai voordat hy na ’n ambulans hardloop.

Die dagtemperatuur in Magnitogorsk in die Oeral-streek was Woensdag -17 °C.

Die seuntjie het wel vriesbrand en ’n kopbesering opgedoen, maar hy hoef nie in dié stadium geopereer te word nie.

Veronika Skwortsowa, minister van gesondheid, het gesê die kopbesering is nie te ernstig nie en dat sy bloedsomloop reeds baie verbeter het.

Volgens hospitaalpersoneellede het hy die ontploffing oorleef omdat hy in dik komberse in sy bed toegewikkel was, het die staatsnuusagentskap Tass berig.

Sy ma het die ontploffing ook oorleef en is by hom in die hospitaal.

Nabygeleë woonstelgeboue in die kompleks, wat in 1973 opgerig is, is ook beskadig.

Dit was egter nie die enigste ongeluk in die omgewing nie.

Twee gassilinders in ’n minibus het Dinsdagaand ontplof. Die voorvalle is onverwant, het beamptes gesê.

Al drie insittendes van die minibus is dood. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!