Baba Joshua kort nu00f3g operasies
Baba Joshua kort nu00f3g operasies

Baba Joshua kort nóg operasies

By tye is dit moeilik, maar as ouer is dit haar plig om sterk te bly, sê die ma van ’n drie maande oue seuntjie met ’n geboortedefek.
Yolanda Nel
Yolanda Nel - ’n Nuwe toevoeging tot die gesin verskaf ouers sowel as die uitgebreide familie groot vreugde.

Vir 'n gesin van Gobabis hang ’n donker wolk oor dié vreugde.

Die drie maande oue Joshua Maasdorp is met 'n geboortedefek gebore, wat ’n dringende kolostomie genoodsaak het.

“Ek is kort ná sy geboorte uit die hospitaal ontslaan toe hy koors ontwikkel het, en ons weer terug hospitaal toe is,” vertel sy ma, Morenzia Maasdorp.

Vir pa Gert Maasdorp was dit moeilik om te aanskou.

“Joshua was bloedrooi in sy gesiggie en sy maag was erg opgeswel. Dit was hartseer om te sien,” sê Gert.

Joshua was net ’n paar dae oud toe hy ’n noodoperasie in Windhoek moes ondergaan. Nog twee operasies moet uitgevoer word.

“Ek weet hoe seer ek was ná die keiser, so dit breek my hart om te dink my baba moet ook ’n operasie ondergaan,” sê Morenzia.

Benewens die skok van ’n geboortedefek het die gesin ook eers ná Joshua se geboorte uitgevind hul seun het down-sindroom.

“Ons dokter het dit nooit tydens die swangerskap opgetel nie,” sê sy.

Aangesien dit Morenzia se tweede swangerskap was, het die egpaar gedink alles was, soos die vorige keer, normaal.

By tye is dit moeilik, erken sy, “maar jy is sterk vir jou baba. Dis jou plig as ouer.”

Die egpaar wat ook 'n dogtertjie het, sê hulle was oorstelp toe hulle uitvind Morenzia verwag ’n seuntjie.

"Ousus is baie erg oor klein Joshua en sy geniet haar kleinboet vreeslik. Sy is baie lief vir hom.”

Hoewel die gesin aan 'n mediese fonds behoort, word die chirurg en narkotiseur nie deur die staat se mediese fonds (Psemas) gedek nie en moet die operasie in kontant betaal word.

Die egpaar sal sowat N$60 000 vir Joshua se operasie moet opdok.

Die tweede operasie is vir die middel van April geskeduleer. Indien die operasie ’n sukses is, sal die kolostomiesakkie ná ses weke verwyder kan word.

Die Gobabis-gemeenskap staan nou saam om geld vir die operasie in te samel.

Gerrit en Sandra Mouton het ’n gospelfees vir vandag by die VGK-saal op Nossobville gereël.

“Ons is dankbaar vir die Here vir klein Joshua se lewe, en dus moet ons hand bysit waar ons kan,” sê Gerrit.

Kaartjies kos N$40 per persoon en New Identity, Bernadine Goliath, Sandra Mouton en verskeie kerk- jeuggroepe gaan optree.

Kontak Gerrit by 081 582 2161 of [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!