Baba glo vir dae alleen in sinkhuis

Ontwater, verswak onder bed gevind

26 February 2019 | Misdaad
Ronelle Rademeyer



'n Baba wat glo vir langer as twee dae alleen onder 'n bed in 'n sinkhuis in Havana gelê het, is gisteroggend deur paramedici verwyder en vir behandeling na die Katutura-staatshospitaal geneem.

Die meisietjie van tussen twee en drie maande was erg ontwater en verswak toe sy gevind is en weeg nie veel meer as 'n pasgebore baba nie, sê mnr. Mike Hawkins, paramedikus by die Lady Pohamba private hospitaal.

Hy het gister by navraag vertel die gemeenskap het Windhoek se nooddienste gekontak, wat 'n ambulans daarheen gestuur het. Hy is ook gevra om na die toneel te gaan.

Hawkins sê die gemeenskap het die nooddienspersoneel ingelig dat die baba “vir langer as twee dae alleen gelaat is”.

“Sy is onder die bed gevind met net 'n eenstuk-babapakkie aan, sonder 'n doek. Haar klere was vol ontlasting en urien,” sê Hawkins.

Volgens hom is sy tussen twee en drie maande oud, maar weeg minder as ander babas van daardie ouderdom.

“Haar beentjies is baie dun. Sy is net vel en been en het feitlik geen spiertonus nie.”

Volgens Hawkins lyk dit of die baba oor 'n lang tyd verwaarloos is.

Hy sê noodbehandeling is op die toneel verleen, waarna sy na die staatshospitaal geneem is. “Terwyl ons daar op die toneel met haar doenig was, het haar ma daar aangekom.” Sy is volgens hom nog baie jonk.

Mnr. Simoni Shilongo, gemeen­skapsleier, het gister aan Republikein gesê die bure het hom gisteroggend gekontak waarna hy die brandweer ontbied het.

Hy sê die bure het hom meegedeel die ma het die baba Vrydag onder die bed neergelê en komberse om haar gesit. Sy is daarna weg en is nie weer gewaar nie.

“Sy was baie swak en verwaarloos toe hulle haar gekry het,” het ­Shilongo gesê.

Adj.komm Edwin Kanguatjivi, hoof van openbare skakeling by die polisie, het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek die saak.

Volgens hom is die ma nog nie in hegtenis geneem nie.

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

22 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

22 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

1 uur gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

11 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

11 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

11 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

11 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...