Baba dood nu00e1 sy glo van bed afval
Baba dood nu00e1 sy glo van bed afval

Baba dood ná sy glo van bed afval

Francoise Steynberg
'n Vyf maande oue baba is Sondag dood nadat sy glo van 'n bed afgeval het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is Lavinia Itsuwe Erastus se liggaam omstreeks 23:00 in haar ma se slaapkamer tussen die bed en die sinkplaat gevind. Die voorval het in die Uutha-lokasie in die Onyuulaye-gebied naby Onayena plaasgevind.

"Na bewering het die ma, 'n kroegvrou, nadat die kind in haar slaapkamer aan die slaap geraak het, teruggegaan na die kroeg om te gaan werk," lui die verslag.

Die polisieondersoek duur voort.

'n Vrou (33) is Sondag in hegtenis geneem nadat sy glo haar ongebore fetus in 'n toilet op ’n erf in die Olunkono-buurt op Ondangwa gegooi het. Sy word in die Ondangwa-polisieselle aangehou en die ondersoek duur voort.

'n Man is Saterdag omstreeks 14:36 in die Oshandi-nedersetting naby Eenhana deur weerlig doodgeslaan. Fillepus Josia Nghinamwaami (20) was blykbaar besig om 'n toilet te bou.

'n Man (51) se liggaam is Sondagoggend by 'n sjebeen in die Karuci-nedersetting gevind. Mnr. Kapanga Josef Muyenga se vrou het hom die vorige aand daar gelos toe hy inmekaar gesak het.

"Sy was onder die indruk hy is dronk en het hom net daar gelos en huis toe gegaan. Sy is liggaam is Sondag gevind presies waar hy inmekaar gesak het," sê die polisie.

'n Vrou, me. Shivoko Annagret Vishoni (42) van die Kehumu-lokasie op Rundu wat sedert Nuwejaarsdag vermis word nadat sy gaan visvang het, se liggaam is in 'n moeras agter Sarusungu gevind.

"Haar kêrel het haar op 3 Januarie as vermis aangemeld toe sy sedert 1 Januarie nie teruggekeer het nie," sê die polisie.

Die liggaam van mnr. Fillipus Sheetekela van die Eeshoke-nederstting is Maandagaand in 'n sinkhuis op Engela gevind.

Hy was glo vyf dae gelede voor dit laas gesien en was na bewering geestesversteurd.

'n Vrou (25) is glo op 2 Januarie ná 'n partytjie saam met vriende deur 'n 31-jarige Angolese man in sy woonstel in Pasteurstraat in Windhoek-Wes verkrag. Hy is in hegtenis geneem.

TOERISTE BEROOF

Op Swakopmund is Duitse toeriste Maandag van hul besittings ter waarde van N$34 000 beroof. Die 44-jarige man en sy vrou het glo van 'n restaurant af gestap toe die voorval plaasgevind het.

"Vier verdagtes in 'n silwer VW Polo met registrasiemerke N 38291 W het glo langs hulle gestop, uitgespring, hul besittings gegryp en weggejaag," lui die verslag van die polisie in die Erongostreek.

Die gesteelde goedere is onder meer 'n Canon-kamera, ‘n lens, 'n SD-kaart, 'n blou rugsak, 'n paar Gucci-sonbrille, 'n hangertjie en 'n silwer armband. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die gesteelde goedere is nog nie teruggevind nie.

Vyf bokke ter waarde van N$30 000 is tussen 1 en 5 Januarie by Damkamp plaas 302, naby die Oanobdam in die Rehoboth-distrik, gesteel. Drie bokke is teruggevind, maar die vermeende bokdiewe is nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A