Baars-vennootskap opnuut hernu
Baarshengel
Die Namibiese Baarshengelvereniging (NBHV) het vir die vierde agtereenvolgende jaar 'n borgskap van Bank Windhoek vir die 2017-seisoen ontvang.
Die Bank Windhoek nasionale baarshengelkompetisiereeks het reeds verlede maand by die Von Bachdam naby Okahandja afgeskop. Môre sal die ywerige hengelaars mekaar opnuut in drie afdelings pak. Daar is plek vir die jeugdige hengelaars, terwyl die senior manne en vroue ook deelneem.
Die enigste twee damme in die land waar baarshengel beoefen word, is die Oanobdam wes van Rehoboth en Von Bach, vertel Richard Grant, voorsitter van die NBHV.
“Die borgskap van Bank Windhoek word hoofsaaklik gebruik om ons kompetisies aan te bied. Sonder hierdie belangrike borgskap sal dit vir ons nie moontlik wees om kompetisies te hou nie. Tweedens word die geld aangewend om die sport te help ontwikkel met die oog op die jeug en veral vroue. Ons nooi nuwe hengelaars asook die publiek om die dag saam met ons te kom deurbring,” het Grant gesê.
Kompetisies vir 2017
25 Maart: Von Bachdam.
22 April: Oanobdam.
12 en 13 Mei: venue nog onbekend.
27 Mei: Von Bachdam.
17 Junie: Von Bachdam.
19 en 20 Augustus: venue nog onbekend.
9 September: Von Bachdam.
29 en 30 September: venue nog onbekend.
5 en 7 Oktober: Vaalrivier Swartbaars wêreldkampioenskap in Suid-Afrika.
27 en 28 Oktober: Von Bachdam.
11 November en 2 Desember: Oanobdam.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie