Baanbreker se dood gryp terug oor geskiedenis
Baanbreker se dood gryp terug oor geskiedenis

Baanbreker se dood gryp terug oor geskiedenis

Des Erasmus
Des Erasmus - Die dood het aan die ankers van die geskiedenis van die Namibiese ekonomie kom ruk met die dood van mnr. Konrad Woermann (86) verlede week op Swakopmund.

Van sy herinneringe wat Vrydag om 15:30 saam met hom uit die Lutherse kerk na sy graf gaan beweeg, was die jare toe die spoorlyn nog tot in die erf van die pakhuis van Woermann Brock geloop het. Lank gelede was Woermann Brock & Kie die kragsentrale van Swakopmund en was die Damara Bank 'n vertakking van die groep.

Selfs die laaste jare van Woermann was merkwaardig. Hy is in 1998 deur ernstige siekte platgetrek, maar het dié aanslag vir 'n merkwaardige byna 20 jaar oorleef. Selfs ná sy amptelike uittrede in 2000 het Woermann 'n gerespekteerde sakeman gebly tot waar hy kort voor sy dood nog met sy loophulp op straat verskyn het.

Woermann word deur sy vrou, die bekende me. Gabi Woermann, oorleef. Die egpaar was die ouers van vier kinders: twee seuns, Jesko en Ingo, en twee dogters, Isa en Fiffi. Wyle Konrad en Gabi is ook die grootouers van 13 kleinkinders en twee agterkleinkinders. Isa en Fiffi bly nou in Australië en sal Vrydagmiddag saam met die res van die familie by die graf staan.

Konrad Woermann het in 1960 die bestuur van die landwye Woermann Brock & Kie oorgeneem. Dit was die begin van die geweldige uitbreiding van die onderneming met talle takke wat landwyd in Namibië gevestig is. In 1998 het sy seuns die leiding by hom oorgeneem. In die jaar 2000 het Woermann die bestuursfunksies neergelê, maar hy het tot sy dood sy aansien as lid van 'n temmersgeslag van Namibië behou.



SAKEVERNUF EN VISIE

Me. Gabi Woermann het aan Republikein gesê Konrad sal nie net vir sy sakevernuf en visie onthou word nie, maar nederigheid was een van sy bekendste eienskappe. As sakeman het hy nooit gehuiwer om vernuwing aan te gryp nie en as landsburger was hy 'n man wat opleidingsgeleenthede vir sy landgenote geskep het.

In die handel van Namibië sal Woermann onthou word wat in sy Windhoek-jare van Woermann Brock & Kie die eerste private onderneming gemaak het wat na rekenaars oorgeskakel het. Hy was ook aan die spits van die baanbrekersgroep wat die konsep van selfdienwinkels na Namibië gebring het. Hy was ook die inleier met naweekure vir winkels van die groep op Saterdae en Sondae. Ook op die gebied van opleiding van personeel was hy 'n baanbreker. Dis 'n diens wat vandag nog aan die groep se werkerskorps gelewer word.

Op 1 Oktober 1894 is die Damara & Namaqua Handelsgesellschaft mbH in Duitsland gestig vir handel met die Duitse kolonie Suidwes-Afrika. Van 1900 tot die begin van die Tweede Wêreldoorlog is 32 takke van die maatskappy in die destydse Suidwes-Afrika gestig. Op Swakopmund het die maatskappy die bekende Woermann Haus en Damara Turn-geboue opgerig. Op 1 April 1909 het die maatskappy se naam na Woermann Brock & Kie verander. Woermann Brock was die eienaars van 'n string erwe op Swakopmund en het e­iendomme in die res van die land besit.

Die Eerste Wêreldoorlog het alles uitgewis met net die takke in Windhoek en op Swakopmund wat oorgebly het.

'n Bloeitydperk het ingetree net vir feitlik alles om weer deur die Tweede Wêreldoorlog uitgewis te word. In 1960 is die maatskappybewind deur Woermann oorgeneem.

Hy en sy vrou het in 1994 na Swakopmund verhuis.

Die betrokkenheid van Woermann by die handelaars Woermann Brock & Kie het gelei tot verskeie takke op Swakopmund en Walvisbaai met Hentiesbaai se selfdienkompleks as die jongste toevoeging.

Benewens die selfdienwinkels op die genoemde dorpe is die groep ook bekend vir sy ysterwarewinkels op Swakopmund en Walvisbaai en was daar in Woermann se sakejare ook 'n betrokkenheid op Grootfontein.

Sy vestiging van selfdienwinkels in die dorpsuitbreidings was getrou aan Woermann se opvatting dat 'n diens aan mense in hul eie woongebiede gelewer moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.53/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.93% | Zinc US$ 2 808.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 87.67/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 905.52/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.84 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.2 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.53/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.93% | Zinc US$ 2 808.00/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 87.67/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 905.52/OZ DOWN -0.0048