B-dag: Maak of breek

Platsak beteken gróót skuld

27 May 2020 | Regering
Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert onafhanklikwording, indien nie ooit, ter tafel lê.

Besigheid wat tydens die inperking tot stilstand geruk is, asook 'n wêreldwye verlangsaming in handel en toerisme beteken Shiimi het minstens N$4 miljard se belastinginkomste verloor, meen mnr. Dylan van Wyk van IJG Securities.

'n Opname oor die impak van die inperking op die plaaslike sakesektor wat gister deur die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is, toon bykans 64% van besighede het meer as die helfte van hul inkomste tydens dié tydperk verloor. (Lees die volledige berig op bl. 3.)

Mnr. Robert McGregor van Cirrus Securities sê aansienlik minder besighede gaan vanjaar 'n wins toon en baie gaan toemaak. Dit is 'n groot slag vir korporatiewe belasting.



BTW, Sacu

Mense wat hul werk verloor het of wie se salarisse verlaag is, beteken minder persoonlike inkomstebelasting vir Jan Taks. Verbruikers met minder bestedingskrag gaan belasting op toegevoegde waarde (BTW) seermaak. Boonop gaan die verbod op drankverkope weke se inkomste uit sondebelasting en BTW laat opdroog, sê McGregor.

Me. Eloise du Plessis van PSG Namibia sê die finansminister gaan vanjaar waar­skynlik werklik met minder uit die inkomstepoel van die Suider-Afrikaanse Doeaneunie (Sacu) moet reken. In die verlede het dit nog elke keer tot Namibië se redding gekom, sê sy.

In sy graderingsaksie Vrydag het Moody's gesê Sacu-inkomste sal in 2020-'21 na verwagting met 20% tuimel.

In die Bank of Namibia (BoN) se jongste ekonomiese vooruitsig wat verlede maand uitgereik is, is die verwagting dat belasting vanjaar met bykans -12% gaan groei vergeleke met -4% in 2019.



Tekort

Dit als beteken Shiimi het baie minder om 'n reeds bloedrooi ekonomie dringend mee te stimuleer.

Die stimulus- en verligtingspakket wat die minister in April bekend gemaak het, is onvoldoende. Nóg stimulus is nodig om die gevolge van Covid-19 te versag, sê mnr. Bruce Hansen van Simonis Storm.

Mnr. Graham Hopwood meen die begroting se primêre doel behoort hulp aan die armes en geteikende reddingsgordels vir sektore soos toerisme te wees.

Dít gaan noodgedwonge tot “skerp, maar onvermydelike” stygings in die begrotingstekort en skuld lei, sê hy.

Moody's het Vrydag voorspel die begrotingstekort gaan tot 10% van die bruto binnelandse produk (BBP) styg teenoor 'n geskatte 4,5% in die vorige begroting.

Sou die BoN se jongste vooruitskatting van die BBP reg wees en Moody's se raaiskoot van die tekort in die kol wees, gaan die regering se uitgawes sy inkomste met sowat N$17 miljard oorskry – meer as dubbel dié van 2019-'20.



Skuld

“Ons gaan die finansiering van die begrotingstekort fyn moet dophou, veral uit die oogpunt van plaaslike teenoor buitelandse finansiering,” sê Van Wyk.

Moody's verwag die regering se skuldlas gaan tot bykans 69% van die BBP styg, amper dubbel die regering se plafon van 35%. In 2019-'20 het die regering vir 'n syfer van sowat 49% voorsiening gemaak.

McGregor sê die meeste pensioenfondse in die land voldoen reeds aan die regulasies wat hulle verplig om 'n gedeelte van hul bates in Namibië te belê. Plaaslike aptyt om in staatseffekte en ander skuldbriewe te belê, gaan dus nie genoeg wees om die tekort te finansier nie.

Ontleders verwag die regering gaan sy eerste Eurobond herfinansier, aangesien Shiimi reeds in die delgingsfonds (“sinking fund”) vir verlede maand se stimuluspakket gedelf het. Dié skuld van US$500 miljoen moet volgende jaar betaal word.

Met die regering se kredietgradering vir langtermynskuld in buitelandse geldeenhede wat deur beide Moody's en Fitch Ratings as rommel beskou word, gaan dit nie maklik óf goedkoop wees nie, sê mnr. Romé Mostert van Cirrus Capital.

In 2011 toe die eerste Eurobond uitgereik is, het Namibië nog 'n beleggingstatus gehad, het die ekonomie fluks gegroei en was die regering se skuldlas aansienlik Kleiner as nou, sê.

Hopwood sê dit is belangrik dat Shiimi 'n “duidelike strategie” vir die bestuur van die skuldvlakke in sy begroting uitspel.

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

5 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

5 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

8 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

19 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

19 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...