Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

04 June 2021 | Mense
Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by Oranjemund bereik het, sê naby Noordoewer het hy in moeilikheid beland en vir ’n paar oomblikke vrede gemaak dat hy gaan verdrink.

Mnr. Edward-John (Bean) Hill (38) van Langebaan het die tog aangepak om geld in te samel vir Boere Droogtehulp SA.

Sy riviervaart het op 29 Maart in Lesotho afgeskop en hy het verlede Maandag by Oranjemund klaargemaak.

“Ek is in die musiekbedryf en tree as promotor vir verskeie bekende kunstenaars op. Ek help ook kunstefeeste reël. Omdat daar weens die virus nie nou feeste plaasvind nie, het ek besluit om hierdie avontuur aan te pak.”

Hill het egter op dag 30 ’n noue ontkoming gehad wat byna sy avontuur gekelder het.

Hy vertel hy moes net 27 km vir die dag geroei het, maar toe hy by die plek kom waar sy ondersteuningspan hom moes ontmoet, was hulle nie daar nie. Daar was geen sein nie en toe hy hulle met die satellietfoon in die hande kry, moes hy hoor hulle is omtrent 20 km verder stroomaf in die omgewing van Vioolsdrif en Noordoewer.

“Ek het dus daardie dag 50 km geroei. Daar het ’n stormsterk wind reg van voor gewaai. Teen skemertyd, omtrent so 4 km vanwaar ek hulle moes ontmoet, was daar ’n keerwal in die rivier.

“Ek het dit ondersoek en gesien dit is nie so hoog nie,” vertel hy en sê toe hy oor die keerwal is, het die wind die boot teruggedruk en omgedop.

Ek was onder die boot in ’n maalgat vasgekeer,” vertel Hill.

Hy sê sy kragte was ná die lang dag op die water min. Hoewel hy probeer het om bo die water uit te kom, is hy kort-kort weer ondertoe gesuig.

“In ’n stadium het ek gedink ek moet nou maar net groot slukke vat dat dit verbykom,” sê Hill, maar vertel hy kon uiteindelik daarin slaag om bo die water uit te beur. “Dit was net genade.”

Toe hy tot verhaal kom, was sy boot, roeispane en sy mediese en ander voorrade skoonveld.

Hy het besluit om te gaan hulp soek aan die Namibiese kant van die rivier. Hill het teen ’n hoogte uitgeklouter en ’n nedersetting gewaar.

“Ek het na hulle toe gestap en die mense daar het my na ’n plaashuis geneem waar hulle vir my kos en slaapplek gegee het.”

Hill is eers die volgende dag met sy ondersteuningspan herenig. Hy het daarna ’n tydjie tuis gaan aansterk en toe teruggekeer rivier toe om die res van die tog te voltooi, vertel Hill.

Hoewel sy mikpunt was om R3 miljoen in te samel en hy op die ou end net R50 000 kon kry, beplan hy reeds aan sy volgende avontuur.

“Dié keer wil ek om Mauritius gaan roei.” As alles volgens plan verloop, hoop hy om teen middel-Augustus daarmee te begin.

Mense kan sy avonture op Facebook volg (BeanExtremeOfficial).
[email protected]


FOTO’s
Mnr. Edward-John (Bean) Hill op sy geel roeiboot waarmee hy 2 200 km op die oranjerivier afgelê het. Foto Facebook

Soortgelyk

 

Managing director of Paratus Namibia, Andrew Hall, says innovation...

4 ure gelede | Mense

From an apprenticeship with Telkom Ericsson many years ago, Andrew Hall has come a long way in the industry. He now runs Paratus and,...

Boulter sit sy stryd vir vryheid voort

4 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde mnr. Harvey Boulter (51) sal volgende Donderdag weet of sy appèl teen die vroeëre weiering van sy...

Duitsland beloof entstof vir Namibië

4 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Duitsland gaan entstof aan Namibië skenk. Wanneer presies, is nie bekend nie.Die vrag met noodvoorraad uit Duitsland wat gister in die land...

Memorable marble

4 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Nothing completes an outfit quite like a unique pair of earrings, and that is exactly what inspired Stephane Renecle to start her...

Lig flikker in Covid-tonnel

4 ure gelede | Gesondheid

Dani Booysen – Dinsdag het gemiddelde nuwe gevalle van Covid-19 per dag na ‘n sewedaegemiddeld van 1 399 verminder.Op 27 Junie was die syfer 1...

Die weer vir 9 Julie 2021

4 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande word in die Suide verwag. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide met miskolle op plekke. Elders...

Woman of substance

4 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Mwaka Zibiso is a hardworking and focused young lady. She sets goals for herself and persists to achieve them. She says she...

A twofold professional

4 ure gelede | Mense

Desiree GasesMare-Louise Addinall ended up in retail banking, and more specifically Bank Windhoek, in an unconventional way.Addinall has been with Bank Windhoek for three years....

A shining light

4 ure gelede | Mense

Monique AdamsLuzaan Pretorius’s greatest fear is to live life without impact. She is a wife and a mother to her son and finds joy in...