Avihe Saterdag begrawe

Geen deurbraak in moordsaak tot dusver

04 September 2018 | Misdaad
Augetto Graig - Die negejarige Avihe Cheryl Ujaha wie se verminkte liggaam verlede week in Windhoek deur 'n verbyganger gevind is, word Saterdag ter ruste gelê.

Enkele dae ná die grudood van die jong skoolmeisie wat Namibiërs landwyd geruk het, was 'n vierjarige seuntjie Vrydag byna die slag­offer van 'n ontvoering.

Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, adj.komm. Abner Agas, is geen deurbraak tot dusver in die ondersoek na Avihe se moord gemaak nie. Sy is op Saterdag 25 Augustus deur haar familie as vermis aangemeld.

Agas het ook gerugte ontken dat 'n taxibestuurder wat Avihe skool toe en terug vervoer het, 'n verdagte in die saak is en intussen verdwyn het. Volgens hom was die taxibestuurder nooit 'n verdagte nie, maar is hy wel twee keer deur die polisie ondervra.

Agas het voorts gesê slegs verdere ondersoeke sal lig kan werp op die moontlikheid van 'n sindikaat wat by Avihe se moord betrokke was.

Die polisie het 'n beloning van N$30 000 uitgereik vir enige inligting oor die persoon of persone wat by haar moord betrokke was. Volgens Agas het die polisie reeds verskeie oproepe van lede van die publiek in dié verband ontvang. Persone met inligting wat kan help met die opspoor van verdagtes, word gevra om 081 124 2649 te skakel.

Die nadoodse ondersoek op Avihe is verlede week afgehandel. Volgens haar ouer suster, me. Jessicah Kaimu Ujaha, word sy Saterdag in die Gammamsbegraafplaas ter ruste gelê, hoewel van haar liggaamsdele steeds nie gevind is nie.

Haar pa, mnr. Isak Ujaha, het Saterdag uit Brittanje in Namibië aangekom.

Die Primêre Skool Gammams, waar Avihe 'n leerling was, hou môre vir leerlinge en onderwysers 'n roudiens by die skool. Lifeline/Childline sal die skool besoek om psigo-maatskaplike ondersteuning aan leerlinge en onderwys te bied.

'n Openbare roudiens word Donderdag om 17:00 by El Shadai Ministeries gehou waar Avihe se oupa, mnr. Seth Kaimu, as pastoor verbonde is.

In 'n ander skokvoorval is 'n seuntjie danksy die waaksaamheid van sy oppasser betyds van ontvoering gered.

Volgens Agas is die seuntjie aan sy hand deur 'n man en weg van sy oppasser uit 'n winkelsentrum in Dora­dopark gelei. Volgens hom het die oppasser vinnig besef die seuntjie is weg en het dadelik na hom begin soek.

Sy het gesien hoe 'n man die seuntjie in die rigting van nabygeleë bosse neem en het dadelik die kind se naam uitgeroep. Volgens Agas het die man onmiddellik die kind se hand gelos en in die bosse verdwyn. Die seuntjie het later stemopnames oor die voorval wyd op sosiale media gedeel om ouers tot waaksaamheid te maan.

Volgens Agas word die voorval nog ondersoek.

Soortgelyk

 

Ondersoek staatskaping in Namibië, vra PDM

19 minute gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer - Namibië se amptelike oppposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), sê hy “raak al meer daarvan oortuig die Namibiese staatsmasjienerie is gekaap” en...

Getuie pak skuld op Katrina

13 ure gelede | Howe

Denver KistingMe. Katrina Hanse-Himarwa, die destydse goewerneur van die Hardapstreek, het vier jaar terug gesê 'n lys van begunstigdes van die massabehuisingsprojek op Mariental moet...

'Robocop' vir pille

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – In ’n hospitaal in Namibië is ’n robot met die naam Eva wat binne sekondes sorg dat elke pasiënt met sy of...

Nog twee dood ná gru-ongeluk

13 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Die ongeluk waarin sewe mense verlede Woensdag tussen Otjiwarongo en Otavi gesterf het, het nog twee se lewe geëis. Die ongeluk het...

Waterbestuur by skole kan 50% spaar

13 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghIndien die munisipaliteit se voor­gestelde waterbestuurmaatreëls aan die onderwysministerie by skole toegepas sou word, kan hul waterrekeninge met minstens 50% verminder, meen 'n kenner....

Weer vir 14

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre Noorde en Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm.GETYE...

Unam-staking verby

13 ure gelede | Onderwys

Die 11 dag lange staking van dosente en ander werknemers van die Universiteit van Namibië (Unam) het Maandagaand tot 'n einde gekom. Die verteenwoordigende vakbonde,...

Teengif-trust gestig ná seuntjie sterf

13 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergVrolike kinderlaggies in 'n cul-de-sac in die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek is stil nadat klein Deon Heunis (Dehan) de Wet (2) sy dapper stryd...

Sesjarige deur 17-jarige skoolkind verkrag

13 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause 'n Sesjarige meisie is in die ­Oshitosi-nedersetting by Okatope verkrag deur 'n 17-jarige seun wat in graad 5 is. Hy het die jong...