Avid-beskuldigdes smeek om genade

In die 13 jaar wat die saak gesloer het, het die aangeklaagdes in die bedrogsaak geknak, word aangevoer.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die staatsaanklaer mnr. Ed Marondedze sê die hof moet nie die beskuldigdes in die Avid-bedrogsaak se rol en status in die samelewing onderskat nie.

In dié saak het N$30 miljoen se openbare fondse verdwyn.

“Wie is hierdie mense? Wat was hul rolle in die gemeenskap? Wat het die samelewing van hulle verwag?” het Marondedze gister gedurende die voorvonnisverhoor in die hoërhof gevra.

Marondedze het gesê vier beskuldigdes – die voormalige parlementslede mnre. Paulus Kapia en Ralph Blaauw, die rekenmeester me. Ines /Gânes, en die prokureur me. Sharon Blaauw – was nasionale leiers wat verantwoordelik was vir en besorg moes wees oor hoe openbare fondse aangewend word.

“Ons het hier te doen met hierdie mense. Hulle het na die ­Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) gegaan op grond van idees, dummies wat (Lazarus) Kandara en (Nico) Josea aan hulle verkoop het,” het Marondedze gesê.

Hy het gesê teen die tyd wat die Avid-sage oopgebars het, het Kapia “'n briljante loopbaan” gehad en was hy as politikus tot op die vlak van 'n adjunkminister bevorder.

“Baie is van hom verwag. Hy was veronderstel om 'n voorbeeld te stel,” het Marondedze aangevoer.

Hy het gesê Kapia en Ralph Blaauw het as LP's “letterlik die land bestuur”.

In plaas daarvan is die leiers en vooraanstaande mense “in 'n verneukspul gebruik” wat deur Kandara en Josea “bedink is”, het Marondedze gesê.

Hy het aangevoer die beskuldigdes toon nie berou nie en dit is nie genoeg om “op die laaste nipper om vergifnis te pleit nie”.

Kapia, Ralph Blaauw en /Gânes is skuldig bevind op 'n klag van bedrog.

Sharon Blaauw en Josea is skuldig bevind aan roekelose en bedrieglike handel.

Josea is ook skuldig bevind op 'n klag van diefstal deur die omskakeling van fondse vir sy eie gebruik.



'EK IS OPREG JAMMER'

Josea het in trane uitgebars toe hy sy pleidooi vir 'n versagtende vonnis voor regter Christie Liebenberg lewer.

“Dit is nie maklik nie. Ek is emosio­neel, geestelik en fisiek ­afgetakel. Ek bevind myself in baie moeilike omstandighede. As ek dink aan my gesin wat elke dag sonder 'n pa moet wees, is dit net 'n gebedsaak. 'n Huis sonder 'n vader is nie 'n huis nie. Die kinders word sonder 'n pa groot. Dit is 'n gebroke huis. Daar is geen basis, leiding of teregstelling nie. Ek is jammer oor wat gebeur het. Ek is opreg jammer,” het Josea gesê.

Hy het gesê sy drie seuns – van 32, 29 en 19 – is emosioneel gekneus en benadeel in die 13 jaar wat die saak geduur het. Hy sê sy oudste, 'n vlieë­nier, kan nie 'n werk kry nie omdat hy Josea se kind is. Die tweede seun, 'n vryskut-bestuurder, het in matriek swak gevaar en die jongste moet nou deur Namcol probeer om sy punte vir matriek te verbeter.

Josea sê hy het in 2015 sy laaste salaris van N$120 000 vir stukwerk verdien ná hy gelikwideer is.

Al wat hy nog besit, is 10 tot 15 bokke wat ongeveer N$20 000 werd is, en 'n huis wat sy swaer namens hom aan die bank afbetaal.

Hy sê hy is onlangs met hoë bloeddruk gediagnoseer en moet nou daagliks 10 pille neem om te bly leef.

Hy het ook drie weke gelede 'n ­operasie aan sy neus gekry.

“Ek het nie geweet dit sou so uitdraai nie, maar vandag laat ek alles in u hande oor, want u weet die beste,” het Josea gesê oor sy lot wat aan ­Liebenberg oorgelaat is.



DIE BLAAUWS

Sharon en Ralph Blaauw se regsverteenwoordiger, mnr. Gilroy Kasper, het namens sy kliënte vir 'n ­opgeskorte vonnis of “in die ergste geval” gevangenisstraf met die keuse van 'n boete gevra.

Hy het 'n boete van N$20 000 elk voorgestel.

“Die beskuldigdes is geviktimiseer en verontmenslik. Hulle is deur die ­algemene publiek gebrandmerk as die diewe wat verantwoordelik is vir die verlies van die SSC-geld. Tot vandag is daar nog diegene wat glo dat hulle steeds groot somme geld wegsteek,” het Kasper gesê.

Hy het gesê die twee het “nie 'n sent” van die SSC-geld ontvang nie, en het nie geskroom om hul volle samewerking aan die polisie gedurende die ­ondersoek na die vermiste N$30 miljoen te gee nie.

Kasper het gesê die Blaauw-egpaar het twee kinders – van 20 en 22 - wat tans op universiteit is, wat verdere ­finansiële en emosionele druk op die gesin plaas en die kinders moontlik hul studies kan kos.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!