Aussenkehr se nood tydelik verlig

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Tafeldruifprodusente en die boere wat ander gewasse op die oewer van die Oranjerivier by Aussenkehr verbou, het Dinsdagaand ’n sug van verligting geslaak toe die eerste golf water dié nedersetting bereik het.

Van die produsente het sewe dae laas hul gewasse besproei omdat die rivier nie meer water gehad het nie.

Die water wat die nedersetting eergister bereik het, is vroeër deur die Suid-Afrikaanse waterowerheid uit die Van der Kloofdam stroomop in dié rivierstelsel vrygelaat toe die sluise oopgemaak is.

Me. Ursula James van Aussenkehr het op die Facebook-blad van “Reën in Namibia” gesê die water het halfsewe Dinsdagaand oor die klippe in die rivierbedding begin spoel.

Mnr. Nico van der Merwe, voorsitter van die Namibia Grape Growers Association (NGGA), het gister aan Republikein gesê boere sou eers teen laat gister weer kon begin besproei, aangesien die water eers ’n sekere vlak moes bereik.

Produsente het vroeër deur middel van pompe in die rivierbedding syferwater onttrek, maar dié water se gehalte was so swak dat hulle besluit het om dit nie vir besproeiing te gebruik nie.

Volgens Van der Merwe was daar te veel soute daarin en die toetse wat gedoen is, het bewys dit is nie vir besproeiing geskik nie.

Hy sê tafeldruifprodusente in Namibië is nog glad nie ingelig oor hoe die Suid-Afrikaanse owerhede beplan om die rivier se vlak in die komende maande te bestuur nie.

“Wat ons moed gee, is dat die ouens by Upington vir ons sê die rivier se vlak daar het nog nie weer gesak nie. As die vlak weer gaan sak tot waar dit was, het ons probleme.”

Intussen het mnr. Robert McGregor, ’n ekonoom by Cirrus Capital, getwiet dat dié lae riviervlakke rampspoedige gevolge vir die tafeldruifbedryf en die ekonomie in die algemeen kan hê.

“Met Namibië wat ’n netto invoerder is en ’n negatiewe handelsbalans het, verdien hierdie tafeldruiwe vir ons broodnodige harde valuta en dra dit by tot ons buitelandse reserwes.”

Hy wys in sy twiet daarop dat hierdie bedryf in 2017-’18 altesaam N$636 miljoen dollar se druiwe uitgevoer het en boonop werksgeleenthede aan baie mense verskaf.

Namibië se druiwe word kort voor Kersfees elke jaar na Europa uitgevoer.

Van der Merwe het vroeër verduidelik die druiwe het juis nou genoeg water nodig om te verseker die plant maak genoeg vrugte vir die volgende plukseisoen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!