AU-hoë besoek Namibië

Namibië het sy toewyding aan die Afrika-unie en die organisasie se hervormingsprosesse opnuut bevestig met die voorsitter van die AU-kommissie se besoek aan die land.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië is gereed om interne prosesse te bespoedig sodat instrumente van die Afrika-kontinentale vrye handelsgebied (AfCFTA) en ander protokolle onderteken en bekragtig kan word.

Hierdie versekering is gister deur pres. Hage Geingob gegee toe hy die besoekende voorsitter van die Afrika-unie (AU) se kommissie, mnr. Mousa Faki Mahamat, in Windhoek ontmoet het.

Hy het Namibië se verbintenis tot AfCFTA en die protokol vir die verdrag op die totstandkoming van ‘n Afrika- ekonomiese gemeenskap rakende die vrye beweging van mense, die reg tot verblyf en die reg tot totstandkoming herbevestig.

“AfCFTA is ‘n integrale deel van die breër Afrika- integrasie- en ontwikkelingsagenda, soos in Agenda 2063 uiteengesit. Dit verteenwoordig ‘n belangrike prestasie in die verwesenliking van die pan-Afrika-ambisies van die stigtingsvaders van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA).

“Hulle het gehoop op ‘n verenigde en vreedsame Afrika, wat inklusiewe groei, volhoubare ontwikkeling en sosioëkonomiese voorspoed geniet. Afrika se bevordering bly ‘n kwessie vir Afrikane,” het Geingob by die geleentheid gesê.

Hy sê dit is van kritieke belang om die AU meer antwoordend, doeltreffend en doelmatig te maak om sy mandaat, soos in Agenda 2063 uiteengesit, tot uitvoering te bring.

Om hierdie rede sê Geingob is die institusionele hervormings waarop ooreengekom is van kardinale belang vir die welslae van die organisasie. Gevolglik ondersteun Namibië die AU se institusionele hervormings ten volle en is die land gereed om sy rol te speel.

Geingob het ook op die belangrike rol gewys wat die OEA se koördinerende komitee vir die bevryding van Afrika in die Namibiese bevrydingstryd gespeel het.

“Die vasteland het onvermoeid gewerk en uit een mond ter ondersteuning van bevrydingsbewegings op die vasteland gepraat. Namibië het gevolglik voordeel uit die vasteland se solidariteit en ondersteuning in die stryd teen kolonialisme en apartheid getrek,” het Geingob gesê.

Hy het ook opnuut op die hervorming van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad gewys en sê Namibië beywer hom deurlopend vir die ondersteuning van die gemeenskaplike Afrika-posisie, soos in die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring uiteengesit.

Faki Mahamat, het gister vir 'n tweedaagse besoek in Namibië aangekom. Hy besoek Namibië op uitnodiging van pres. Hage Geingob.

Die besoek duur tot 10 Mei.

Volgens ‘n verklaring van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking bevestig die besoek die AU se belangrikheid vir Namibië, asook die waardering wat die AU vir Namibië se lidmaatskap en bydrae tot die aktiwiteite van die organisasie in die algemeen het.

Tydens die besoek het Faki Mahamat, Geingob en ander Namibiese instansies die AU se kernprioriteite bespreek, waaronder die vasteland se integrasie, vrede en veiligheid as institusionele hervormings by die AU.

Faki Mahamat het ook ‘n welwillendheidsbesoek aan oudpres. Hifikepunye Pohamba bring.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.02 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.67 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.80/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.28% | Zinc US$ 2 856.90/T UP 0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.76/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 911.46/OZ UP +1.03%