Atlete warm op vir QSB

'n Uiters gewilde atletiekoefenkamp word weer vroeg in die nuwe jaar aangebied.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die 27ste Marathon Sugar Quinton-Steele Botes-atletiekoefenkamp (QSB) vind vanaf 7 tot 10 Januarie 2020 by die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad plaas.

Dié jaarlikse belegging word deur die QSB-Windhoek Hochland-atletiekklub gereël en gaan vroeg in die nuwe jaar atlete en afrigters vir die toekoms poets.

Botes het dié belangrike ontwikkeling in 1993 in die lewe geroep om sy droom te verwesenlik deur atlete en afrigters van alle vlakke oraloor Namibië te ontwikkel. Die eerste kamp is met 25 onderwysers en afrigters afgeskop. Meer as 6 000 atlete het die afgelope jare baat by die kliniek gevind.

Drie afrigters is danksy hul vaardighede van Suid-Afrika gebring en een vanaf Duitsland om die eerste oefenkamp ’n sukses te maak. Nadat Botes in 2014 oorlede is, het Leoni Gugat van Rensburg die leisels oorgeneem en is sedertdien die dryfveer agter die QSB-inisiatief.

Veral Marathon Sugar stap as hoofborg al ’n lang pad saam met die oefenkamp om dit bekostigbaar vir atlete te maak. Gugat van Rensburg sê die ondersteuning van elke borg kan nie onderskat word nie.

“Sonder die ondersteuning van ons borge is die kamp nie moontlik nie. Borge wat in sport en atlete belê, moet op die skouer geklop word. Atletiek is een van die eerste sportsoorte waaraan ’n kind op skool blootgestel word.

“Atletiek behoort toeganklik vir elke kind in Namibië te wees. Dit is waar die fondamente vir die toekoms gelê en atlete vir die toekoms gekweek word. Marathon Sugar beskou dit as deel van hul sosiale plig om minderbevoorregte kinders te help.

“Ons sal voortgaan om dié kinders en afrigters uit die verre platteland te help ontwikkel. Terselfdertyd kan ons Quinton se droom koester en lewend hou deur minder gegoede atlete ’n regverdige kans op die atletiekbaan te gee.

“Dit is ’n voorreg om die 27ste QSB-oefenkamp aan te bied en ek wil ouers vra om asseblief hul kinders te bring om hul drome moontlik te maak. Hierdie kamp gaan ’n lekker geleentheid met heelwat verrassings wees. Gesoute afrigters van Johannesburg, Pretoria en Kaapstad gaan hier wees om ons atlete en afrigters op te skerp.

“Ek wil graag Marathon Sugar, Avis Car Hire, Coca-Cola, Food Lovers Market, Caterserve, Gondwana, OTB Sport, Safari Hotel, Walton’s Stationary, Hyundai, Crystal Gold, African Personnel Services (APS) en Woodlands Dairy vir hul ruimhartige borgskap bedank," het Gugat van Rensburg gesê.

Genevieve Wohler-Fisch vertel Marathon Sugar is al die afgelope 30 jaar by atletiek betrokke.

“Weens die ekonomiese knyptang kan ons nie meer so groot soos in die verlede bydra nie, maar dit bly vir ons ’n voorreg om kinders te ondersteun. Dit gee ons gemoedsrus dat Leoni nie net met Quinton se werk voortgaan nie, maar hart en siel in die QSB-inisiatief sit.

“Ons is die afgelope 30 jaar aktief daartoe verbind om die lewe van die minderbevoorregte jeug in Namibië deur sport en spesifiek atletiek te verbeter. Ons het baie nou saam met Quinton gewerk en nie net met die QSB-oefenkamp nie. Hy sou ons bel en sê hy het ’n potensiële kampioen wat hulp nodig het en Marathon Sugar het ingespring op te help,” het Wohler-Fisch vertel.

Sewe hoofafrigters sal by die oefenkamp betrokke wees. Jonathan Greyvenstein het verskeie wêreld- en Suid-Afrikaanse kampioene soos Charmaine Gayle (SA kampioen en Afrika-rekordhouer) en Jaques Freitag (driemalige wêreldkampioen) gebrei. Hy het 35 jaar se ondervinding.

200- en 400-meternaelope sal deur Charley Strohmenger hanteer word wat die afgelope 23 jaar afrig. Hy het Karen May (SA rekord) onder sy mentorskap laat gedy. Henk Botha (gewigstoot en skyfwerp), Roger Haitengi (driesprong en verspring) en Christo Swart (langafstande) sal ook hul kennis deel.

Nico Cronjé (spiesgooi) het Amoré Nel en Pikkie Smith van Karasburg ontwikkel. Smith het met die laaste Olimpiese Jeugspele ’n vyde plek behaal en ’n silwer medalje by die o.19 Afrika-spele gewen. Wimpie Nel het 50 Suid-Afrikaanse kampioene onder sy vlerk gehad waartydens hy sy kennis van die afgelope 29 jaar ingespan het.

Daar sal ook motiveringssprekers, fisioterapeute, biokinetici en voedingkundiges by die kliniek wees om hul kennis te deel. Registrasie vind vanaf 12:00 op 7 Januarie plaas waarna afrigting in alle erns sal begin. Die res van die oefenkamp sal elke dag om 08:00 afskop. Kinders vanaf ses jaar, asook senior atlete is welkom.

Die kliniek kos N$450 vir laerskoolkinders en N$500 vir hoërskool- en senior atlete.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!