Atlete kan hulle by meerkamp toets

11 January 2019 | Sport
Die ATKV Meerkamp word môremiddag in die Onafhank­likheidstadion aangebied, nadat dit die afgelope jare gevestig is as 'n geleentheid vir baan- en veldatlete om hul veelsydigheid in 'n ver­skeidenheid items op die proef te stel.

Dit bied ook 'n geleentheid aan plaaslike atlete om hul gereedheid vir die komende seisoen te toets.

Inskrywings beloop N$80 per atleet per item vir die vyfkamp, of N$50 vir diegene wat vir die individuele items wil inskryf. Laat inskrywings môre voor die byeenkoms beloop N$100.

Atlete ding saam in hul onder­skeie items mee, maar word opgeweeg volgens die puntetabel se beoordeling van die prestasie in sy/haar eie ouderdomsgroep.

Die afstande, hoogtes van hekkies of gewig van die implemente word volgens elke ouderdomsklas toegepas.

Deelnemende atlete moet by 'n klub geregistreer wees en die klub moet by die streekvereniging geaffilieer wees.

Ses verskillende kategorieë word vir die meerkamp aangebied, naamlik:

Vyfkamp vir laerskole (seuns en meisies onder 13): verspring, kortafstand hekkies, 60 m, gewigstoot, 800 m.

Vyfkamp vir hoërskole (seuns en meisies): hoogspring, 100/110 m hekkies, 100 m, gewigstoot, 400 m.

Vyfkamp vir mans (30-plus) en meestersvroue: Kortafstand hekkies, hoogspring, gewigstoot, verspring, 800m.

Vyfkamp worpe vir meesters, senior mans en vroue (30-plus): hamergooi, gewigstoot, diskusgooi, spiesgooi, kort hamergooi.

Vierkamp worpe (hoërskoolseuns en meisies, 16 jaar en ouer): hamergooi, gewigstoot, diskusgooi, spiesgooi.

Individuele program (o.17, o.19, seniors en meesters): 100m, 200m, 400m, 1500m, hoogspring, verspring.



DIE PROGRAM

Vyfkamp vir seuns en meisies onder 12, o.13 en o.15

14:00 80 meter hekkies, 14:30 gewigstoot (put B), 15:00 60 meter, 15:30 verspring, 16:00 800 meter.

Vyfkamp worpe vir mans en seuns o.15, o.17, o.19, seniors en meesters

14:00 hamergooi, 14:30 worpe, 15:00 gewigstoot, 15:30 diskusgooi, 15:00 spiesgooi.

Vyfkamp worpe vir vroue en meisies o.15, o.17, o. 19, seniors en meesters

15:00 hamergooi, 15:30 worpe, 16:00 gewigstoot, 16:30 diskusgooi, 17:00 spiesgooi.

Vyfkamp vir meesters en hoër­skole

14:30 100 hekkies of 80 hekkies, 15:00 hoogspring, 15:30 100 meter, 16:00 gewigstoot (put B), 16:30 800 meter.

Individuele program

14:45 200 meter vroue, 14:55 200 meter mans, 15:35 1500 meter vroue, 15:45 1500 meter mans, 16:15 100 meter vroue, 16:20 100 meter mans, 16:45 400 meter vroue, 17:00 400 meter mans, 17:10 wisselaflos vroue, 17:20 wisselaflos mans, 14:30 verspring mans, 15:00 hoogspring vroue, 15:45 hoogspring mans, 15:45 verspring vroue.

Soortgelyk

 

Verbod op vakleerlinge in staatsdiens opgehef

1 uur gelede | Regering

Die verbod op die plasing van vakleerlinge in die staatsdiens word op 1 Junie vanjaar opgehef, het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vandag in...

Staat vra hof om minister skuldig te bevind

5 ure gelede | Howe

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze het vroeër vandag vir regter Christie Liebenberg gevra om vir me. Katrina Hanse-Himarwa skuldig te bevind aan korrupsie.Dít kom nadat die staat...

Brian Finch privaat gegroet

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die musieklegende Brian Finch, wat vroeër vandeesweek sy stryd teen kanker verloor het, gaan tydens ’n private seremonie ter ruste gelê word. Volgens ’n plaaslike...

NSFAF beperk finansiering

9 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

20 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

20 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

20 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Namibiër vertolk hoofrol in Fiela se kind

20 ure gelede | In beeld

Die Namibiese aktrise Zenobia Kloppers het die hoofrol in die fliek Fiela se kind losgeslaan. Zenobia, wat Fiela Komoetie sal speel, is ’n bekende aktrise...

Live for the moments, not the milestones

20 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...