Atlantiese Oseaan op sy beste

08 February 2019 | Kuns en vermaak
Ocean Cellar, op Swakopmund, is een van die voorste seekosrestaurante in die land, wat topgehalte seekos, Europese disse en diens bied.

Dié onderneming word as die Strand Hotel-groep se eersteklas restaurant beskou.

Met ‘n uitsonderlike see-uitsig is ‘n besoek aan Ocean Cellar ’n móét.

Tydens die What’s Cooking-span se besoek aan die restaurant het die bestuurder en sy span alles in hul vermoë gedoen om dit so spesiaal moontlik te maak.

Die plek is luuks: Van die wynglase tot die handewasseep in die badkamers is noukeurig oorweeg en van hoë gehalte. Die omgewing is skoon, netjies en indrukwekkend.

Ocean Cellar kry sover moontlik al hul seekos uit die Namibiese oseaan.

Dit wil sê, die kos op jou bord kom uit die see, wat 30 m van die restaurant af is.

Wat hulle besonders maak, is dat hulle ’n baie uitgebreide wynlys en skemerkelkiespyskaart het.

Die kelners is almal oor die drankies ingelig en help kliënte graag met raad oor watter landgoed of skemerkelkie by watter gereg pas.

Aandag aan fyn besonderhede is deurgaans ’n tema.

Elke dingetjie is op sy plek en het ‘n doel.

Weens die uitgebreide spyskaart word van die disse in die kombuis binne-in die restaurant gemaak en ander word in die Strand Hotel se kombuis voorberei.

Namibië spog met van die grootste en lekkerste oesters ter wêreld.

By Ocean Cellar kan jy dít eerstehands ervaar.

Of dit nou vars op ys is, of in die oond met knoffel en parmesaankaas gebak is, dit bly ‘n wenner.

Kreef bly ook maar ‘n bederf – veral as jy dit in ‘n besonderse omgewing kan geniet. Die kreefdis waaraan What’s Cooking kon smul, is een van die gewildste disse op Ocean Cellar se spyskaart. Dit lyk nes ‘n kunswerk, of iets wat in ‘n tydskrif moet wees.

Hoewel hul spyskaart meestal uit seekos bestaan, is daar ook ‘n beduidende Mediterreense invloed.

Buiten seekos het hulle kerries, pastas, plaaslike gunstelinge en spesiale aanbiedings.

Ocean Cellar se pryse is relatief hoog, maar nie noodwendig onbekostigbaar nie. Jy betaal vir wat jy kry. En jy kry van die beste seekos in die land.

Met ‘n uitgebreide sushi-spyskaart maak hulle van die lekkerste sushi wat jy jou kan voorstel.

Die sushi-pryse is gemiddeld, en hulle is nie skaam met hul porsies nie.

Diepgebraaide sushi is ‘n moet.

Dit gee hierdie ou gunsteling ‘n nuwe voorkoms en smaak. Vir dié wat nie lief is vir seekos nie, vir julle is daar steak, hoender en ander vegetariese disse.

Met ‘n ideale ligging en heerlike atmosfeer is Ocean Cellar ‘n moet vir wyn- en seekosliefhebbers.

Al kom dit dalk formeel voor, is dit tog familievriendelik.

Die kelners sal seker maak jy en jou familie, vriende, verloofde of eggenoot sal ‘n aand van pure plesier geniet.

Ocean Cellar is daagliks van 12:00 tot 14:30 oop, en van 18:00 tot 22:00.

Sushi is van 12:00 tot 22:00 beskikbaar.

Besprekings kan aanlyn by strandhotelswakopmund.com gemaak word.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 dae gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 dae gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

2 dae gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...