Aschenborns hou uitstalling

12 August 2004 | Kollig
VROEër vanjaar is die Atelier Kendzia deur \'n vloed verwoes en ter viering van die heropening, bied die drie Aschenborns - Uli, Dirk en wyle Dieter - van Sondag \'n uitstalling daar aan. Toevallig was dit ook 18 jaar gelede werke van Uli Aschenborn wat die galery tóé geopen het.
Uli se deel van die uitstalling bestaan uit sy innoverende beelde wat om \'n aslyn draai. Die silhouette vertoon dus \'n verandering. \'n Sprekende voorbeeld hiervan is \'n roterende beeld in silhoeëtvorm wat die voortdurende verandering van \'n jong vrou na \'n ou dame uitbeeld, of \'n aap wat omskep word in \'n mens. Dit word self duideliker uitgebeeld wanneer die beelde geïlumineer word en die skaduwees op \'n muur verskyn.
Daar word ook innoverende poli-aspek skilderye en tekeninge deur Uli uitgestal. Van hierdie werke roteer om \'n aslyn en kan van verskillende sye bekyk word. Elke kant beeld \'n verskillende tema uit. Sommige vertoon kleiner voorwerpe wat gelaag is en soos \'n legkaart saamgestel is. Dit kan baie ingewikkeld wees, soos die been van \'n vrou kan gelyktydig die voorkop van \'n man wees en sommer dan ook die neus van iets anders en so gaan dit aan. (Sien foto)
Dan is daar ook natuurlik die kuns wat die Aschenborns bekendgemaak het: wildlewe en landskaptonele deur Uli en Dieter. Daar is talle goedkoper werke deur Uli wat ook vertoon word, insluitend klein leerskilderye, waterkleure en so meer.
Uli se broer, Dirk, stal weer gesweisde beelde uit wat saamgestel is uit weggooi metaal. Hierdie werke is ook verlede jaar uitgestal. Dit is redelik groot, abstrakte kunswerke wat \'n wonderlike atmosfeer skep in die tuin of by lodges.
Die uitstalling word Sondag om 11:00 deur dr. Bjorn van Finckenstein geopen en sal tot Dinsdag te sien wees.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

15 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

15 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

15 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

15 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...