ASA wil vier aflosspanne na Spele stuur

Atletiek
Wim Pretorius - Atletiek Suid-Afrika (ASA) het uit sy flater vanjaar geleer en is vasbeslote om volgende jaar 'n sterk 4x100 m-mansaflosspan na die Statebondspele in Australië te stuur.

Dié beheerliggaam moes heelwat kritiek verduur toe Suid-Afrika weens sy kleitrappery nie 'n span by die IAAF wêreldbyeenkoms in Londen gehad het nie ondanks die feit dat 'n Suid-Afrikaanse span in Maart 'n puik tyd van 38.47 sekondes gehardloop het.

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het egter beslis dat spanne volgens hul beste tye in 2016 sou kwalifiseer vir Londen en verlede jaar is aflosse glad nie as 'n prioriteit deur ASA geag nie.

“Ons wil aflosspanne in die 4x100 en 4x400 vir mans en vroue laat kwalifiseer vir die Statebond­spele,” het Aleck Skhosana, ASA-president, by navraag hieroor gesê.

In 2017 het ASA verder drooggemaak deur die nasionale kampioen­skap op dieselfde naweek as die IAAF se Wêreldaflosbyeenkoms te hou, met plaas­like atlete wat verkies het om in Potchefstroom voor hul tuisskare deel te neem.

By die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro het Suid-Afrika reeds gewys dat die land oor blitse beskik wat vir opskuddings kan sorg, maar toe was dit te laat om 'n span saam te stel.

Die 4x400-vroueaflosspan het kort voor die wêreldkampioenskap vanjaar wel 'n uitnodiging ontvang nadat daar onttrekkings was.

Die vrouespan wat uit Justine Palframan, Gena Löfstrand, Ariane Nel en Wenda Nel bestaan het, het eindelik in die uitdunronde uitgeval, met 'n seisoenbeste tyd van 3:37.82. Caster Semenya is nie vir die span oorweeg nie, omdat haar 800-wedloop enkele ure tevore was.

“Ons wil net seker maak dat ons genoeg atlete kan saamneem vir vier aflosspanne,” het Skhosana gesê.

Die Suid-Afrikaanse 4x100-mans behoort op grond van die tyd wat hulle in Maart gehardloop het, gemaklik vir die Statebondspele te kan kwalifiseer, maar die doelwit is om 'n span saam te stel wat 'n paar keer kan saamoefen en deelneem voordat hulle moet vertrek.

Wayde van Niekerk se afwesigheid behoort nie 'n medalje-aanslag in dié item te veel te ontwrig nie, met Akani Simbine, Thando Roto, Anaso Jobodwana, Clarence Munyai, Gift Leotlela, Henricho Bruintjies en Emile Erasmus wat almal met blitstye in die 100 spog.

“Ons het in Maart die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskap en 'n Spoedreeks word weer beplan waar ons aflosspanne getoets sal word,” het Skhosana bygevoeg.

Hy wou egter nie uitbrei of Suid-Afrika 'n groter span na die Goudkus sal stuur as wat hulle na die wêreldkampioenskap het nie, toe Suid-Afrika een van die kleinste groepe gehad het. Dít ondanks die feit dat heelwat meer atlete die IAAF se kwalifiserende vereistes behaal het. “Hoe groot die span gaan wees, sal afhang van wat Saskok besluit aangesien hulle die laaste sê het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!