ASA pleit: ‘Ruk jouself reg, Luvo!’

11 January 2021 | Sport
Wim Pretorius – Dit is nie net atletiek se integriteitseenheid (AIU) wat na Luvo Manyonga op soek is nie, maar Atletiek Suid-Afrika (ASA) is self “erg bekommerd” oor die voormalige wêreldkampioen en kon hom nog nie opspoor nie.
Aleck Skhosana, president van ASA, sê dié verspringer sal homself vinnig moet regruk indien hy nie ’n tragiese einde wil skryf aan wat eens na ’n sportsprokie gelyk het nie.
Manyonga, wat Vrydag sy 30ste verjaardag gevier het, is voorlopig uit atletiek geskors nadat hy drie keer binne 12 maande opkikkermaatreëls oortree het. Dit het betrekking gehad tot sy beskikbaarheid vir toetse.
Die skorsing is deur die AIU opgelê nadat Manyonga binne dié tydperk drie opkikkertoetse misgeloop het en versuim het om vir toetsbeamptes in te lig oor waar hy homself bevind het.
“Ons is uiters bekommerd oor Luvo,” het Skhosana Maandag gesê.
Ons hoop dat hy homself sal regruk en doen wat reg is vir hom, vir sy reputasie en ook alles wat hy in die verlede bereik het.
“Ons het nou al alles probeer om hom in die hande te kry, maar met geen sukses nie. Ons het sy agent (Lee-Roy Newton) probeer kontak, net om uit te vind dat hul paaie verlede jaar geskei het. Ons het selfs aan ons kantoor opdrag gegee om vir Luvo op Twitter en al sy sosiale media-platforms te probeer opspoor.”
“In 2020 het sy voormalige agent ons deurlopend op hoogte gehou van sy doen en late. Hy het ons vertel dat Luvo ’n insinking beleef het en na rehabilitasie gegaan het,” sê Skhosana.
“Ons hoop dat hy homself sal regruk en doen wat reg is vir hom, vir sy reputasie en ook alles wat hy in die verlede bereik het.”
Dié Suid-Afrikaner was voorheen ’n groot suksesverhaal nadat hy ’n stryd teen dwelmmisbruik oorwin en daarna die silwermedalje in Rio de Janeiro by die Olimpiese Spele in 2016 verower het.
Hy het dit ’n jaar later opgevolg met die goue medalje in Londen tydens die Wêreldkampioenskap en is in 2018 as die Statebondkampioen gekroon.
Sy peil het egter sedert 2018 geleidelik agteruit begin gaan en in 2019 kon hy nie die podium bestyg by die Wêreldbyeenkoms in Doha nie.
“Ek is vreeslik bekommerd oor wat Luvo tans aanvang. Hy is ’n verspringer en nog jonk genoeg om te presteer en sy potensiaal te bereik,” sê Skhosana.
“Hy moet egter self besluit of hy weer op die regte pad wil kom. Dit is sy verantwoordelikheid om hulp te soek en diegene te respekteer wat hom wil help en hom uit hierdie slegte gewoonte wil kry.”
Skhosana sê Manyonga het kontakbesonderhede van ’n nuwe persoon aan hulle verskaf vir ingeval ASA hom sou wou bereik, maar dié nommer was ook nie van hulp nie.
Tensy Manyonga teen sy skorsing appelleer en ’n goeie verduideliking kan verskaf oor waarom hy versuim het om toetsbeamptes in te lig oor waar hy hom bevind het, sal hy die Spele in Tokio misloop en daarmee saam sal sy hoop op Olimpiese glorie ook vervaag.
Normaalweg sal dié soort skorsing ’n maksimum van twee jaar wees, maar nadat Manyonga in 2012 vir 18 maande geskors is toe hy positief vir ’n dwelm getoets is tydens ’n byeenkoms, kan sy skorsing nou tot vier jaar verdubbel word. – Netwerk24


FOTO
Luvo Manyonga in aksie by 2019 se Wêreldkampioenskap in Doha. Foto Getty Images

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

18 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

18 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

18 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

18 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

18 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

18 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...