'As my su00ea klaar gesu00ea is, dan stop ek'
'As my su00ea klaar gesu00ea is, dan stop ek'

'As my sê klaar gesê is, dan stop ek'

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

Hulle sê sy is die Janis Joplin van ons tyd. Maar ek dink nie dit daarmee te doen dat hul stemme eenders klink nie.

Andra is baie meer as net 'n girl met 'n mooi kitaar, 'n hoed en 'n skuurpapierstem. Sy is soos 'n lucky packet. Nes jy dink al die verrassings is op die tafel, verras sy jou met nog iets. Soos haar nuwe album, A Sound or Something More, wat onlangs bekend gestel is.

Sy kry dit reg om jou met haar klanke en lirieke te koester. Elke liedjie neem jou op 'n emoisonele reis na 'n plek waar jy probeer sin maak van die dinge wat niemand verstaan nie. Gelukkig het Andra alles so uitgewerk dat die vrae wat by jou opduik met die volgende liedjie beantwoord word. Die lirieke van haar liedjies is poësie wat tot teen die been sny.

Ek vermoed die vergelyking tussen Janis en Andra word vir 'n ander rede getref. Dit gaan oor 'n missie. Janis was hoop toe daar nie was nie, sy was die krag toe almal vodde was. Sy het ons laat glo alles gaan oukei wees.

Andra is op pad na haar tuisland om die nuwe album hier bekend te stel. Doen jouself ’n guns en gaan luister na haar. Sy't 'n stem wat jare en jare in musiekgange gehoor gaan word. Sy gee hoop, krag en visie. En elke keer as sy haar kitaar optel, maak sy soos Janis en sê: "Have another little piece of my heart now."



Wie is jou grootste rolmodel of die belangrikste persoon in jou lewe?

My tribe is die heel belangrikste in my lewe. Dit sluit in my familie, ‘n handvol vriende, my diere en musiek. Klanke is ‘n baie belangrike deel van my universe – en daarom deel van my tribe.

Rolmodel? Ek kon nog nooit hierdie konsep verstaan nie. Daar is baie mense wat mens bewonder, maar mens wil nie noodwendig soos hulle wees nie. Ek glo mens moet maar net jou eie ding doen en nie te veel moet rondkyk nie. Dit kan baie verwarrend raak om n rolmodel te probeer volg.

Saam met wie sal jy graag koffie wil drink?

Ongetwyfeld die Mad Hatter van Alice in Wonderland. Die eerste rede daarvoor is nogal duidelik – die hoedsituasie. Verder – hoe ongelooflik moet dit wees om in iemand se teenwoordigheid te wees wat glo die lewe is een lang, uitgerekte teepartytjie en dat ons almal ‘n muchness in ons het wat ons moet koester en bevorder. Maar dan moet ek hom natuurlik eers oortuig om oor te slaan koffie toe!

Wat is die temalied van jou lewe?

Ek het meer temaklanke as wat dit net ‘n lied is. En dit wissel weekliks of daagliks. As ek by die see is en lank sit en luister, dan dink ek: dít moet die klank wees wat mens die res van jou lewe elke dag wil hoor. Weer terug in Pretoria en daar is een van daardie bekende elektriese storms met rollende, swaar donderweer, dan voel ek: hierdie passie is so oorweldigend mooi – ek wil dit elke minuut hoor en voel!

As jy eendag ‘n biografie moet skryf, wat sal jy dit noem?

I am a ghost.

As jy die geleentheid het om iets in jou verlede te verander, wat sal dit wees?

Ek glo nie eintlik aan ‘n verlede nie. Want die oomblik as jy begin omkyk, struikel en val jy oor iets voor jou, of jy stamp jou tone of iets. Ek hou maar my oë op my voete – daar waar ek vandag moet loop . . . en so bly ek regop.

‘n Aand voor die TV of op die dansvloer?

Dans is glad nie ‘n opsie nie. TV gewoonlik ook nie regtig nie, maar as ek móét kies, sal dit TV wees. Solank ek net dikwels alleen is, of saam met iemand is wat my nie gaan oordeel omdat ek steeds FRIENDS of ou Will & Grace-episodes oor en oor kyk nie!

Jeans of rokke?

Dra mense nog rokke?

Wanneer is iets vir jou mooi?

Wanneer dit my laat voel. Daarom is daar sekere goed wat vir ander mense aaklig is, maar vir my vreeslik mooi is, want dit laat my op ‘n sekere manier voel. En andersom natuurlik. Dit gebeur min dat goeters wat mens kan koop (behalwe kitare natuurlik) vir my aangrypend is.

Wat dink jy is een van jou mooiste eienskappe?

Die feit dat ek nooit wonder oor wat my mooiste eienskap is nie. Ek dink oor die algemeen is ons ou klompie op die planeet maar meestal dieselfde. Almal het ‘n goeie kant en ‘n ander kant waaroor ons mos nie graag praat nie. En dit is soos dit is.

Wat kan jy ons van jou nuwe album vertel?

Dit is baie beslis eerlik. Daarom het party liedjies min woorde. Al is dit teen baie mense se liedjieskryfreëls, het ek gevoel as my sê klaar gesê is, dan stop ek. Vir die eerste keer is daar ‘n liedjie en ‘n half wat in my eie kamma-studio'tjie opgeneem is. Verder het ek skaamteloos klanke gebruik wat my na aan die hart lê. Soos donderweer een nag toe ek nog baie laat wakker was. En my hond, Banjo, se blaf. Besonderse aangrypende klanke van ‘n ongelooflike seëning wat my familie getref het . . . Daar is ook ‘n liedjie wat die ongemaklikste gevoel wat ek in my lewe gehad het oor mure weerspieël . . . weergalm . . .

Verskil die klank baie van vorige albums?

Ek weet nie. Maar die antwoord wat ek eintlik wil gee is – moet dit asseblief nie vergelyk nie. Elke song wat ‘n mens skryf, elke musiekinstrument wat mens gebruik, alles is beïnvloed deur hoe jy op daardie spesifieke oomblik voel en wat op daardie oomblik miskien in jou lewe aangaan, of deur wat jy gesien en beleef het. Dit is baie onregverdig om te evalueer wat beter of anders is, want elke lied verdien sy eie plekkie.

Wat is die oorsprong van die titel?

Klanke is vir my nog altyd baie belangriker as woorde. Klanke is emosies, en emosies kan woorde nuwe betekenisse gee. Emosies wat in klanke ingemessel is, kan wonderwerke veroorsaak. Alles bestaan as gevolg van ’n emosie in ’n klank, saam met ’n klank, deur ’n klank, rondom ’n klank. Vibrations. Al kan mens nie hoor nie, kan mens klanke steeds voel. Dis daardie magic wat my aan die gang hou . . . wat alles aan die gang hou.

Watter ander kunsternaars het jou musiek al beïnvloed?

Alles en almal wat ek al ooit gehoor het en steeds hoor. Van ’n angle grinder tot ’n skreeu tot ’n lag of die mooiste, mooiste lied. Klanke verander mens vir ewig. Nie doelbewus of eens bewustelik nie, maar dit is net so.

Mis jy dit om in Namibië te woon?

Verskriklik. Namibië is ‘n ongelooflike besonderse land. Dit help dat ek ook baie gelukkig in Pretoria is, maar my geboorteland het my wortels en dit sal altyd so wees – maak nie saak waar ek bly nie.

Hoe voel jy oor ‘n back track?

Daar was ‘n tyd wat alle musikante wat ure en ure spandeer het om hul musiekinstrumente te bemeester, of baie geld betaal om orkeste in te kry om vir hulle te speel, ‘n bietjie suur was vir die back track-situasie. Party het selfs gesê as jy back tracks gebruik, is dit mos maar eintlik net karaoke! Tans voel ek die back track-ouens loop so geweldig baie mis, so ek het geen oordeel hier nie. Daardie wisselwerking wat gebeur tussen jou, jou instrument, jou band en die gehoor - dis magic.

As jy die verhoog met enige ander kunstenaar kon deel, met wie sou dit wees en wat sou julle sing?

Eddie Vedder - ‘n Bruce Springsteen song van sy keuse. En Bruce Springsteen - ’n Eddie Vedder song van sy keuse. En Tina Turner – “Better Be Good to Me”.

Toerdatums vir Namibië

Windhoek:

De Kayak

Dinsdag 17 Oktober

20:00

Toegang: N$120

Kaartjies: By die deur of by www.today.com.na/events

Otjiwarongo:

Memoirs

Woensdag, 18 Oktober

19:30

Toegang: N$120

Kaartjies: Bohemia-boekwinkel

Riana: 081 129 2005

Omaruru:

Central Hotel

Donderdag, 19 Oktober

19:30

Toegang: N$ 120

Kaartjies: Central Hotel 570030

Swakopmund:

The Dome

Vrydag, 20 Oktober

19:00 vir 19:30

Toegang: N$120

Kaartjies: Swakopmund se Village Café 064 404723

Walvisbaai, Zig Zag 204820

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!