As jy weet, dan weet jy
Op ’n verlate stoep in Kamanjab sit Disa soos een wat presies weet wat sy met die dag gaan doen. Voor haar op die ystertafeltjie is ’n beker koue koffie, koffie wat vroegoggend lekkerder was. In haar regterhand knyp sy ’n sigaret tussen haar wys- en middelvinger was. Sy dink aan die dag, sy skat so 40 jaar gelede, toe Manie haar gevra het om te dans.
“Ai, die tyd,” sê sy saggies, asof dit ook net ’n harde sug kon wees.
“Waarheen gaan ons?”
Die sigaretas raak lank, begin krom trek en val op die stoep wat jare laas afgewas is. ’n Skerp, geniepsige windjie waai die assie en blare tot doer onder die vyebome wat hy geplant het.
Sy onthou alles van daai dag. Alles. Dis vandag presies 39 jaar gelede, val dit haar by.
Selfs die twee deurskynende hare op sy wang wat hy gemis het, onthou sy. Die reuk van skoenpolitoer en Omo hand wash. Die onderdorpklanke van Windhoek op ’n Vrydagaand. Die gevoel van haar lipstiffie op haar lippe. Daai aand sal sy nooit vergeet nie.
Vrydagaand. Skuins voor 17:00. Lettie, haar kamermaat, sukkel om haar kantrok oor haar skouers te kry, skouers wat sy by haar pa geërf het.
“Help gou hier agter,” vra Lettie met ’n Richterskaal-stem, “die tannie het die rok te styf gemaak. Ek het vir haar gesê ek het eerstespanskouers.”
“Moenie so trek nie. Die rok sal skeur,” antwoord Disa met vyf krullers in haar kop.
“Gooi vir ons nog champagne. Ek is nervous. Willie sê hy wil my vanaand soen,” sê Lettie.
“Het jy nog van daai antistinkbektandapasta?”
“Dis op,” antwoord Disa.
’n Wyle later is die rok aan en Disa voel die sjampanje inskop, net genoeg dat sy nie voel sy gaan beheer verloor nie.
“Dink jy hy hou regtig van jou?” vra Lettie. “Ek meen, hy praat nie eers regtig met jou nie.”
Disa weet wat die antwoord is, maar sy kan nie nou daaraan dink nie. Sy kan nie nou haar kuif in die steek laat nie.
“Soos dink jy hy gaan eendag met jou trou?” vra sy weer vanuit die badkamer.
Ja, dink Lettie, maar antwoord anders.
“Girl, ons is nog jonk. Dis mos onmoontlik om nou te sê.”
“My tannie sê as jy weet, dan weet jy,” sê Lettie met haar lipstiffie wat wyd oor haar liprand strek.
“Komaan, sê net.”
Disa se kuif val mooi. Mooi soos die water in Monet se skilderye. Nie so mooi soos ouma s’n Sondae nie, maar mooi genoeg vir vanaand. Mooi genoeg vir hom.
Lettie drink die laaste sluk koorsrooi sjampanje gulsig weg.
“Is jy reg? Dié ding gaan vanaand dorp toe.” Hoekom moet sy dit so sê, wonder Disa by haarself.
Disa wou nog antwoord, maar Lettie gryp haar regterhand en hulle is af ondertoe, na buite.
Die meisies en hul metgeselle lyk soos konfetti ná ’n paartjie getrou het, voor ’n kerk se ingang. Dis Valentynsbal in Windhoek. Dis ’n aand vir vars liefde en ou wense.
Onder ’n boom staan hy. In ’n pak wat nie syne is nie. Dit pas amper, maar lyk hy lyk nes die laaste korsie in ’n bruinbroodsak. Hy beweeg nader aan haar, asof hy wag vir die wind om hom van agteraf aan te help.
Tussen die konfetti bereik hy haar.
“Ek hou van jou hare,” sê hy.
“Dankie,” prewel sy terug, “Jy lyk ook handsome.”
Sy weet nie eintlik wat die woord beteken nie, maar Lettie gebruik dit baie.
“Dankie,” antwoord hy.
Sy stem grof soos beskuit. Tuisgebakte beskuit.
Deur die mense hoor sy Lettie se stem. Skerp. Soos ’n steakmes. Sy sien die twee haartjies op sy wang, net links van sy oog. Dit blink soos koring in die laatson. Dis die aand toe sy weet.
Disa steek nog ’n sigaret aan en haal die krullers uit haar kuif. Die asbak loop oor.
Dis die tweede winter sonder hom. Dis net sy en die stoep en die vye.
Disa staan op, sit “Human touch” van Spingsteen op hul ou platespeler aan. Gooi sy pak oor die bank en wonder of hy met haar wil dans.
“Jy kan ook net kyk as jy wil. Ek weet jy hou nie van dans nie.”
Sy trek haar kuif vir oulaas reg begin en ritmies beweeg.
Alleen.
Soos daai aand toe sy besef: As jy weet, dan weet jy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie