Arrows konings van uitklopsokker
DIE Leo NFA-bekerreeks se trofee en N$600 000 sal vir die eerste keer by Eleven Arrows op Walvisbaai agterbly nadat die tuisspan vir Civics met 2-0 in die eindstryd op Kuisebmond geklop het.
In ?n volgepakte stadion kon die Mighty Civilians se ondersteuners Saterdag net hoop en bid vir hul span wat die hele wedstryd agtergeloop het.
Teen afskoptyd was die ry van ondersteuners voor die stadion se hek nog lank en voordat almal in hul sitplekke was, het Arrows se Dumiza Jantze binne die eerste tien minute reeds die eerste doel aangeteken.
Van hier sou Civics nie terugkom nie en die res van die eerste helfte was in die middelveld vasgevang met beide spanne wat by enkele gevalle deur die verdedigingslyne gebreek het vir vrugtelose pogings na die doelhok.
Met die afskop van die tweede helfte was Civics steeds op die agtervoet en net desperate werk deur die verdedigers het gekeer dat Arrows nog ?n doel aanteken.
Civics sou wel nie terugstaan vir Arrows se aanvalle nie en aggressiewe spel het beteken dat Arrows drie van hul spelers binne die eerste twaalf minute weens beserings moes vervang.
Civics se aggressiewe verdediging sou uiteindelik hul eie doodskoot wees toe ?n ongeoorloofde duikslag op een van Arrows se spelers in die doelgebied uitgevoer is.
Arrows se Freedom Puriza het nie die kans laat verbygaan nie en het met ?n uitstekende skop geslaag. Die laaste minute is in die middel van die veld afgehandel en met die eindfl uitjie het Arrows-ondersteuners se vuvuzelas en krete die feesviering van hul spelers op die veld aangehits.
Arrows het die Leo-trofee gevat en die N$600 000. Veno Namolo van Arrows se agt doele het hom N$25 000 as voorste doelskieter van die toernooi besorg.
Heinrich Isaacs van Civics, wat die eindstryd moes misloop, is as die speler van die toernooi aangewys en het ook N$25 000 ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie