Aroab in rep en roer

08 February 2019 | Sport
Die Privaatskool Excelsior van Aroab se interhuis-atletiekbyeenkoms vanoggend sal een van die grootstes in sy bestaan wees.

Excelsior bestaan reeds 28 jaar en is een van die oudste privaatskole in die land. Dit het vanjaar 27 leerders (graad 1 tot 7), nadat dit in vorige jare so min as 18 was.

Met besoekende spanne van so ver as Aussenkehr asook Askham, ’n dorpie anderkant die Suid-Afrikaanse grens, het ’n stewige getal van omtrent 90 atlete ingeskryf. Kinders van die omgewing wat tuisonderrig kry, neem ook deel.

Heelwat toeskouers in die verre suidelike streek word vanoggend vanaf sewe-uur langs die atletiekbaan verwag, waar die gemeenskap en vriende saam kuier.

Excelsior se twee interhuisspanne is die Superheroes in blou en die Vikings in rooi.

Aroab is 166 km oos van Keetmanshoop. Die afstand vanaf Askham (RSA) is 123 km, terwyl Aussenkehr aan die suidgrens 409 km ver is.

• Op Stampriet word die Securitas Elnatan Prestige-byeenkoms môre gehou. Die gasheerskool Elnatan wag die koms van Gobabis Gimnasium, Keetmanshoop Privaatskool, Windhoek Gimnasium en Windhoek Afrikaanse Privaatskool in. Atlete vanaf onder 7 tot o.19 sal môre vanaf 07:45 begin meeding.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

4 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...