‘Armoede, honger nie rede vir swak prestasie’

Graad 10-uitslae 'teleurstellend'

20 December 2018 | Onderwys
Henriette Lamprecht - Armoede, honger en die feit dat jou ouers werkloos is, is nie ’n verskoning vir swak prestasie nie.

Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, moet dít juis elke Namibiese kind aanspoor om sy of haar lewe te verbeter.

Hanse-Himarwa was aan die woord tydens die vrystelling van die uitslae vir die graad 10-Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC), wat volgens haar nie aan verwagtinge voldoen het nie.

“Ek het baie beter uitslae verwag, ons sal moet uitvind wat het regtig verkeerd gegaan,” het sy gesê.

Slegs 53,3% van die 44 863 voltydse kandidate wat vir vanjaar se eksamens ingeskryf het, het geslaag.

Dit is ’n afname van 2% teenoor verlede jaar se 55,3%.

Die ministerie het die slaagpunt op 23 en ’n F-simbool vir Engels as minimumtoelatingsvereiste vir graad 11 gehou.

Die prentjie vir die 11 222 deeltydse kandidate lyk nie veel beter nie. Die oorgrote meerderheid (87,6%) het E- en G-simbole behaal, terwyl 12,4% nie geslaag het nie.

Kandidate wat nie suksesvol was nie, kan volgens Hanse-Himarwa egter steeds by die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) of sentrums vir beroepsgerigte onderwys gaan aanklop.

Kandidate wat 17 jaar en jonger is, wat op die skoolbanke wil bly, kan by die nuwe leerplan op graad 9-vlak inval by die skool waaraan hy of sy ’n leerling was – mits daar vir hom of haar plek is.

Wat simbole betref, is die skuif vanjaar ook eerder na die laer simbole (D tot G) as die hoër simbole.

Hanse-Himarwa se enigste lof was vir gehoor- en gesiggestremde kandidate, wat vanjaar se eksamen suksesvol afgelê het.

Die minimumpunt in dié geval is 19 punte en 'n F-simbool vir Engels.

By een van die eksamensentrums het 15 uit die 19 kandidate geslaag in wat die minister 'n "merkwaardige prestasie" beskryf het.

Die Oshikotostreek het die beste in wiskunde, fisiese wetenskap, lewenswetenskap, geografie en geskiedenis gevaar.

’n Beraamde 2 500 deeltydse kandidate kan steeds vir toelating tot graad 11 kwalifiseer.

Hanse-Himarwa het vanjaar se uitslae as “histories” beskryf, danksy die implementering van die hersiene leerplan, wat in ’n gevorderde stadium is.

Die JSC is vanjaar vir voltydse kandidate uitgefaseer en sal verder net vir deeltydse kandidate aangebied word.

Volgens die minister spreek die uitslae boekdele oor wat in klaskamers aangaan, onderwysers se voorbereiding, en hoe belangrik selfstudie werklik vir leerlinge is.

“Ons leef in die tyd van Google; ons moet ’n kultuur van selfstudie ontwikkel.”

Sy het gesê “nuwe, innoverende maniere” moet beding word om uitslae te verbeter.

"Ons moet introspeksie doen oor hoe ons kan verbeter en na die tekenbord toe teruggaan."

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

2 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

2 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

3 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

13 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

13 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

13 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

13 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...