Armoede dryf siekte onder San

’n Gebrek aan vars water en seep is van die grootste dryfvere vir die uitbreking in die Ndama-nedersetting.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith

Die velsiekte wat die afgelope maande onder ’n San-gemeenskap naby Rundu uitgebreek het, is as deel van ’n groter uitbreking in die streek van skurfsiekte ook bekend as Jollie Juk en Help-my-krap geïdentifiseer. Tans word minstens 600 mense hierdeur geraak.

Die grootste onderliggende oorsaak is armoede en ’n gebrek aan toegang tot vars water en higiëneprodukte.

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Vrydag bevestig sedert die begin van die jaar het tien klinieke in die Rundu-distrik 634 gevalle van skurfsiekte aangemeld. Dit sluit 158 mense in die Ndama-nedersetting naby Rundu in.

Volgens die ministerie is 105 gevalle by Bunya, 72 gevalle by Myl 30, 60 gevalle by die Nkarapamwe-kliniek, 48 by die Kaisosi-kliniek, 32 in Rundu, 30 by Kayengona, 28 by Myl 10 en 27 by die Mupini-gesondheidsentrum aangemeld.

Skurfsiekte is ’n besmetting van die vel deur die menslike jeukmyt. Dit veroorsaak intense jeuk en ’n puisieagtige veluitslag. Die infeksie versprei deur direkte, langdurige vel-tot-vel-kontak met ’n besmette persoon. Waar sanitasie en higiëne afwesig is, kan die infeksie baie vinnig versprei.

“Die krisis van voldoende behuising, sanitasie en watervoorsiening vir alle San-gemeenskappe in Namibië is die kern van dié uitbreking,” sê me. Nadia April van die Women’s Leadership Centre (WLC).

Volgens April is die gebrek aan vars water by die Ndama-nedersetting ’n deurslaggewende faktor in die verspreiding van die infeksie. Verlede Donderdag is die nedersetting se kraan herstel, nadat verpleegsters gewaarsku het die siekte sal sonder toegang tot vars water aanhou versprei.

“Die kraan by die nedersetting was gebreek. Bekostigbaarheid van water is ’n problem. San-gemeenskappe kan nie bekostig om waterrekeninge te betaal nie, wat dit moeilik maak om toegang te hê as die water afgesny is. Hulle het ook gemeenskaplike puttoilette wat nie onderhou word nie en oorloop.”

In die lig van die WLC se dringende versoek om hulp aan owerhede vandeesmand om die infeksie by Ndama aan te spreek, is twee verpleegsters verlede week na die nedersetting gestuur. Volgens die gemeenskappe is vorige oproepe om hulp voorheen geïgnoreer.

Volgens ’n inwoner van die nedersetting, me. Magreth Schivanvulula, lyk dinge sedert die verspreiding van medisyne en die herstel van die kraan beter en is “mense besig om te herstel”.

April sê die verspreiding van die siekte, wat sedert die begin van die jaar byna die hele nedersetting raak, is uiteindelik verbind met armoede, ingesluit onvoldoende vars water, oorbevolkte lewensomstandighede en ’n gebrek aan seep vir persoonlike higiëne en skoon klere.

“In ’n enkele huishouding kan meer as tien mense wees,” sê April. Volgens haar kan die gemeenskap nie waspoeiers en seep bekostig nie.

Volgens die ministerie van gesondheid sluit risikofaktore in die verspreiding van die siekte in informele nedersettings en onder meer lewensomstandighede waar toegang tot skoon water beperk is of glad nie bestaan nie; verskeie mense wat in ’n klein huis bly, sowel as ’n gebrek aan persoonlike higiëne weens ’n gebrek aan geld.

Volgens die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, me. Petronella Masabana, is ’n reaksiespan afgevaardig wat pasiënte van chlorpheniramine en ’n Povidone-oplossing vir die skoonmaak van wonde.

Masabane sê die span het ook inligting aan inwoners verskaf oor die belangrikheid van persoonlike higiëne soos om daagliks hul hande en liggame met seep te was, asook die was van komberse met warm water. Volgens haar bly bogenoemde ’n “uitdaging omdat sommige nie water en ander nie seep het nie”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%