Armes bekommerd oor stortingsterrein

Planne om Okahandja se huidige vullishoop te verskuif, word deur gemengde reaksie begroet deur tientalle mense wat afhanklik geword het van die afval wat vir hulle ‘n inkomste en voedsel voorsien.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith – Die Okahandja munisipaliteit het vandeesmaand bevestig planne is aan die gang om die (meer as 5 hektaar) stortingsterrein naby die Ekunde uitbreiding 5 informele nedersetting om gesondheids- en veiligheidsredes na ’n nuwe gebied te verskuif.

“Benewens die gesondheidsrisiko wat die stortingsterrein vir die inwoners inhou, het dit ook ’n irritasie geword, veral as diegene wat hulself op die terrein gevestig het, afval aan die brand gesteek het,” het die munisipaliteit in ’n kennisgewing einde September aan die inwoners geskryf.

Die munisipaliteit het onlangs bevestig die voorlopige plan is om ’n nuwe en omheinde stortingsterrein in die oostelike deel van die stad te bou en inwoners het voorgestel dat die perseel professioneel bestuur word, anders as die huidige stand van sake.

Die huidige 40 jaar oue stortingsterrein grens aan ’n informele nedersetting waar honderde gesinne in plakkershuise woon te midde van ernstige besoedeling deur dié terrein.

Tog het die terrein ’n betroubare bron van inkomste, voedsel en ander goedere vir van die dorp se armste inwoners geword. Hulle besoek die area elke weekdag om te soek na skrootmateriaal, stukkies voedsel en ander materiaal wat hulle kan gebruik of verkoop.

WAT NOU?

Hieroor, asook om verskeie ander redes, het die nuus dat die stortingsterrein verskuif gaan word, kommer gewek.

Me. Mona-Lisa Eises (23), ’n enkelma van vier, sê die stortingsterrein is die enigste bron van inkomste, en dikwels voedsel, vir haar en haar kinders.

“Ek kom al vir 20 jaar hierheen. Ek kom daagliks rondom 07:00. Ons ‘zula’ hier. Ons soek vir kos of blikkies elke dag, van Maandag tot Vrydag, vir iets wat ons kan verkoop of eet.”

Sy is bekommerd dat die nuwe terrein nie toeganklik sal wees vir haar en ander nie en dat hul lewensbestaan nie meer op Okahandja-inwoners se rommel sal kan staatmaak nie.

“Die mense sê hulle sal hierdie stortingsterrein skuif en sluit. Nou, waarheen sal ons gaan? Sal mense ons help met kos en water? Ons kom ‘zula’ almal hier, waarheen sal ons dan gaan?” Eises sê hoewel haar nou oorlede ma wou hê sy moes skool toe gaan, het sy voortydig skool verlaat weens konstante honger en armoede. “Ek het eerder hierheen gekom om te ‘zula’.”

’n Inwoner van ’n nabygeleë informele nedersetting, wat hierdie week die vullishoop besoek het om vuurmaakhout bymekaar te maak, sê die verskuiwing is goeie nuus vir inwoners wat besorg is oor die afval en water- en lugbesoedeling.

“Wanneer dinge hier verbrand word, kom die rook in ons huise; die water is vuil en die reuk is verskriklik. Dit is baie, baie ongesond vir my kinders. Dit sal op ’n manier goed wees as hulle die stortingsterrein skuif om te voorkom dat besoedeling in ons erwe ingewaai word,” het me. Martha Garoes gesê.

Sy is egter bekommerd oor die lot van diegene wat van die stortingsterreine afhanklik is. “Wat sal met hulle gebeur? Die regering sê daar is nie geld nie, so hoe sal hulle lewe? Hulle is afhanklik van hierdie stortingsterrein, dit is hoe hulle ’n bestaan maak. As dit weggeneem word, wat dan?”

Nog ’n inwoner sê hy het die afgelope vyf jaar glas, plastiek en ander items op die Okahandja-stortingsterrein herwin.

“Ek kyk na my gesin met die geld wat ek hier maak. Ek weet nie wat ek sal doen as hulle die stortingsterrein toemaak nie,” het mnr. Joshua Simon gesê.

Hy sê die terrein is ’n goeie bron vir materiaal soos koper, aluminium, glas, papier en plastiek wat versamel, gesorteer en as skroot of herwinbare materiale verkoop kan word. Die versamelaars sê hulle kan tussen N$10 tot N$50 daagliks vir basiese seepmateriaal verdien.

Simon sê die ideale oplossing is vir die regering om te verseker dat hy steeds rommel by die nuwe stortingsterrein kan herwin.

“As hulle die stortingsterrein sluit, weet ek nie wat ek sal doen nie. Miskien sal dit goed wees as hulle ons toelaat om steeds daarheen te gaan en ons toelaat om materiaal bymekaar te maak en te verkoop. Om vir ons werk te gee. Anders sal ons honger ly.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%