Armand Aucamp wil jou help vry u2013 in Afrikaans
Armand Aucamp wil jou help vry u2013 in Afrikaans

Armand Aucamp wil jou help vry – in Afrikaans

Yandi Du Plessis
Afrikaanssprekendes wat graag wil vry in hul taal, kan dit nou na hartelus regkry met Koer, ’n nuwe app wat spesiaal ontwikkel is om Afrikaanse mense in verbinding te bring.

Koer werk op dieselfde konsep as Tinder, maar is spesiaal ontwerp vir Afrikaanssprekendes wat eerder wil “koer” of “koes” vir moontlike pasmaats.

Armand Aucamp, bekend vir sy spel in onder meer die televisiereekse Die boekklub en Sterlopers en die rolprent Ballade vir ’n enkeling, is een van die stigters van die nuwe app en het ook met die idee vorendag gekom.

Hy vertel hy was by ’n braai toe hy “vir die soveelste keer na die klaagliedere van ’n enkellopende vriendin” moes luister wat kla sy soek net na ’n “doodgewone Afrikaanse pasmaat”.

En van daar het die idee van Koer ontwikkel tot waar dit vandag, ’n jaar later, ’n volwaardige app beskikbaar vir Android- en iOS-toestelle is.

“Ek het gejeuk om weer iets in Afrikaans te doen en stel baie belang in tegnologie,” vertel Aucamp.

Hy het self die aanvanklike koste gedek, maar vertel dat ’n barmhartige groep vriende byeen gekom het om hom te help om dit hoofsaaklik teen geen koste te ontwikkel.

Dit sluit in Koer se programmeerders en bemarkingspan wat tot dusver verniet werk.

Koer is boonop ook gratis om te gebruik, maar bykomende funksionaliteit (en geen advertensies) kan teen ’n maandelikse tarief bekom word.

Gratis gebruikers van Koer kry daagliks 15 “aksies”, vertel Aucamp. Dit sluit in om vir ’n potensiële pasmaat te “koer” of te “koes” of om ’n briefie van een van hierdie pasmaats te lees.

Ná 15 aksies word die app gesluit tot die volgende dag, of tot die maandelikse aansluitingsgeld betaal word.

Aucamp het self sy lewensmaat aanlyn ontmoet.

“Almal ken tog iemand wat ware liefde gevind het op die een of ander sosiale platform. Dan praat ek nie eens van Afrikaanse mense wat oorsee woon en werk nie.”

Die app is nie net gemik op persone wat nuwe liefde soek nie, maar ook vriendskap.

“Kommunikasie het heeltemal verander weens Covid-19, en daarom is Koer die ideale oplossing.

“Daarmee kan jy eers die kat lekker uit die boom kyk voordat jy besluit wat om volgende te doen.”

Koer is ontwikkel in samewerking met drie ander vennote, waarvan een in Frankryk woon.

Dit is reeds beskikbaar in die Google Play- en Apple-winkels. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!