Argentyne krap steeds kop oor kragkrisis
Owerhede in Argentinië wonder steeds oor die oorsaak van die massiewe kragonderbreking wat sowat 55 miljoen mense op Vadersdag sonder elektrisiteit gelaat het.
’n Kuberruimaanval word egter nie as een van die hoofredes agter die kragonderbreking ondersoek nie, berig CNN.
Pres. Mauricio Macri het ’n amptelike ondersoek na die voorval belowe wat inwoners van Argentinië en dele van Paraguay, Uruguay, Chili en die suidelike deel van Brasilië ure lank in die duister gelaat het.
Die BBC het vroeër Maandag berig dat 80% van die kragtoevoer in Argentinië herstel is, terwyl 88% van kliënte in Uruguay weer elektrisiteit het. Die res van die buurlande wat hierdeur geraak was, se kragtoevoer was ook herstel nadat owerhede gespartel het om die dienste te herstel.
OORDRAG VAN ELEKTRISITEIT
Tot dusver blyk dit asof ’n massiewe kragnetwerk afgeskop het en plaaslike media berig dat dit moontlik verband hou met ’n probleem van oordrag van elektrisiteit vanaf die Yacycretá-hidro-elektriese dam.
Die oordragsprobleem tussen dié dam en die Salto Grande-kragstasies, wat aan die Argentynse kus geleë is, het blykbaar sonder enige ingryping voortgeduur. Dit het as voorsorgmaatreël afgeskop, het Edesur Argentina, die Argentynse energie-agentskap, gesê.
Volgens Merco Press het die kragonderbrekings gebeur te midde van kiesers in Argentinië wat gereed gemaak het om aan die verkiesing vir die plaaslike goewerneur deel te neem. Kiesers het hul stembriewe met die hulp van selfoonliggies ingevul.
Verskeie winkels het ook hul deure gesluit, terwyl die verkeer en openbare treindienste in sommige gebiede tot stilstand gedwing is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie