Arbeidsonrus bly smeul

Kenner waarsku regering

09 August 2018 | Arbeid
Denver Kisting



Die arbeidskenner mnr. Herbert Jauch het gister gesê die regering behoort baie bekommerd te wees oor die arbeidsonrus in die land.

Dae nadat die winkelreus Shoprite in 'n hoek gedruk is toe selfs die regering met 'n boikot gedreig het, neem arbeidsgeskille oënskynlik toe.

Gister het lede van die Staatswerkersvakbond (Napwu) die raad en bestuur van die Namibië Kwalifikasieowerheid (NQA) twee weke gegee om aan húl griewe gehoor te gee.

Jauch het gister gewaarsku dat as werkloosheid en armoede nie dringend aangespreek word nie, arbeidsonrus in die land sál toeneem.

In dié stadium verdien sowat 80% van Namibiese werkers N$5 000 per maand of minder.

Volgens Jauch steun baie huishoudings op dié “hongerloon” omdat baie net een broodwinner het.

Massawerkloosheid teen sowat 37% en veral ekonomiese onsekerheid “is die teelaarde vir onrus. As mens honger is, sal daar onrus wees,” maan Jauch.

Selfs pres. Hage Geingob het verlede week toegegee werkloosheid in Namibië is “onaanvaarbaar hoog” en gesê vir hom is dit té veel as net een Namibiër saans honger gaan slaap.

Jauch sê beleidsrigtings, soos Visie 2030 en die Harambee-welvaartsplan, is lankal nie meer goed genoeg nie.

“Mense is verby daardie punt. Ek dink nie hulle (die regering) is baie doeltreffend nie.”

In 'n klagskrif wat oor die middaguur aan die adjunk- uitvoerende hoof van die NQA, me. Asnath Kaperu, oorhandig is, dring die werkers aan op “'n salarisverhoging en verbetering op behuising van die huidige 21%”.

Die vakbond het by monde van 'n verteenwoordiger, mnr. John Shihepo, gesê behuising in die land is peperduur.

Derhalwe dring hulle aan op 'n aanpassing van hul toelaag wat hulle in staat sal stel om 'n ordentlike dak oor hul kop te kan bekostig, sê Shihepo.

Die vakbond het ook te velde getrek daarteen dat die getal siekverlofdae per jaar nie verhoog is van die huidige 36 dae elke drie jaar tot 60 dae nie.

Hulle het dit teen 'n beginsel ingevolge waarvan die NQA-raad beslis het wanneer 'n werknemers se 36 dae op is, is dit die diskresie van afdelingshoofde of verdere siekverlof toegestaan sal word, al dan nie.

“Dit beteken as die afdelingshoof nie saamstem nie, sal jy gedwing word om te kom werk – selfs wanneer jy siek is.”

Die lede van die vakbond, wie se betoging van dreunsang vergesel is, sê voorts die minder as N$10 miljoen (vir salarisse en bedryfskoste) wat die NQA van die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing ontvang het, dek kwalik 28% van die instelling se salarisse.

“Hoe verwag die minister moet die NQA oorleef met hierdie abnormale begrotingsbesnoeiing?”

Dr. Alfred van Kent, die permanente sekretaris van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, het gister gesê: “Ons het 'n oplossing gekry. Ek is verbaas dat Napwu steeds gaan betoog het nadat hulle gesê is dié ding gaan opgelos word.”

Die direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO), mnr. Guy Ryder, het die afgelope week tydens 'n openbare lesing in Windhoek gesê produktiewe indiensneming en ordentlike werk is ononderhandelbaar om regverdige globalisering en armoedeverligting teweeg te bring.

Kaperu het gistermiddag die werknemers, wat onder polisiebegeleiding betoog het, bedank vir die ordelike manier waarop hulle hulleself gehandhaaf het.

Sy het ontvangs van die klagskrif erken en die werknemers toe gevra om terug te keer na hul diensstasies en 'n produktiewe bydrae te lewer.

Republikein verneem gistermiddag se betoging kom nadat gesprekke tussen die vakbond en die NQA-bestuur gisteroggend in 'n doodloopstraat beland het.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...