Arandismoordenaar(s) nog soek
Denver Kisting – Meer as 24 uur nadat mnre. Eckhart Mueller (72) en die 60-jarige Heimo Hellwig op Arandis afgemaai is, is hul moordenaar(s) nog op vrye voet.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu (foto), het Dinsdagoggend net voor 10:00 gesê niemand is nog weens die dubbele moord aangekeer nie.
Mueller was die uitvoerende direkteur van die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) terwyl Hellwig die adjunkdirekteur was.
Hulle is vermoedelik tussen 06:30 en 07:00 Maandagoggend koelbloedig op Nimt se Arandiskampus doodgeskiet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie