AR sien rooi oor huurbeheerraad

Stel Tweya voor ultimatum

17 May 2018 | Ministeries
Ronelle Rademeyer - Die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sê die regering sloer al bykans drie jaar om ’n huurbeheerraad en tariewe vir eiendomsagente in te stel en wil die kwessie hof toe neem.

Die vuurvreter mnr. Job Amupanda, leier van dié beweging, sê in ’n brief aan die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, hy het tot môre kans om redes aan te voer waarom jeugdiges soos hy wat genoodsaak is om eiendom te huur, hulle nie tot die hof moet wend nie.

Amupanda verwys in sy brief na Huurordonnansie 13 van 1977 en die Wet op Eiendomsagentskappe, Wet 11 van 1976, wat vir ’n huurbeheerraad en voorgeskrewe tariewe vir eiendomsagente voorsiening maak.

Hy dring ook daarop aan dat Tweya sê waarom die AR hom nie persoonlik vir die voeteslepery verantwoordelik moet hou nie.

Die AR en die regering het op 24 Julie 2015 ’n ooreenkoms oor verskeie kwessies met betrekking tot grond en behuising bereik.

In April 2016 is ’n gesamentlike verklaring uitgereik waarin bekend gemaak is die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, sal met die Raad van Namibiese Eiendomsagente (NEAB) vergader om die stygende eiendomspryse sowel as hoë huurgeld vóór 1 Augustus van daardie jaar te takel.

Dit sou met die instelling van die voorgestelde huurbeheerraad gepaard gaan, wat verhuring sou reguleer.

Op 11 Augustus 2016 het Tweya se voorganger, mnr. Immanuel Ngatjizeko, aan die AR geskryf en nominasies gevra vir lede van die beweging om op die voorgenome raad te dien.

Niks het daarvan gekom nie en die AR sê in sy brief aan Tweya die regering en spesifiek dié ministerie was doelbewus oneerlik oor sy voorneme.

“Die regering en jou ministerie se weiering om die bestaande wetgewing te implementeer, het verwoestende gevolge vir ons as huurders,” lui die brief.

Amupanda sê indien Tweya nie voor 16:00 môre van hom laat hoor nie, sal die hofstukke aanstaande week op hom bedien word.

Soortgelyk

 

25 jaar, al het Zenobia berou

8 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

8 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

8 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

8 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...

Leiers faal die mense

8 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die Namibiese burgerlike organisasie-aktivis mnr. Uhuru Dempers sê die Suider-Afrikaanse leiers moet “wakker skrik” en die harde werklikhede van neerdrukkende armoede en...

Kajuitberaad by SADC

8 ure gelede | Plaaslik

Kajuitberaad by SADC